Boere is benoud oor beleggings

27 Jul

Author: Jacques Dommisse

Publications: Die Burger

Date Publiched: 2012-07-28

KAAPSTAD.– Terwyl honderde Bolandse beleggers gister paniekbevange navraag gedoen het oor hul geld wat by twee prominente Kaapse sakelui belê is, het Die Burger vasgestel die vuurwapen wat tot hul dood gelei het, is nie in een van hul name geregistreer nie.

Ondersoeke oor wie die eienaar van die vuurwapen is en watter een van die twee sakelui Donderdagaand die sneller getrek het, duur voort, het ao. November Filander, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Julian Williams, uitvoerende hoof van die private beleggingsgroep Basileus Capital, is in die raadsaal van dié groep se kantore op die derde verdieping van die Icon-gebou op die hoek van Lang- en Hans Strijdomstraat geskiet.

Kantoor- en veiligheidspersoneel het gesê drie skote is gehoor.

Die polisie het bevestig Wil­liams is in die nek en bors getref en dat Herman Pretorius, ’n oud-sakevennoot van Williams en direkteur van onder meer die Abante-groep, ’n kopwond gehad het.

Pretorius, wat in die tagtigerjare ’n polisieman op Piketberg was en hom later in die wêreld van ­hoërisikobeleggings van miljarde begewe het, het Donderdag ’n vergadering met Williams gehad.

 

 Lees Meer

Leave a Reply/Los Kommentaar

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: