Sakevennote sterf by vergadering

27 Jul

Author: Raymond Willemse

Publications: Die Burger

Date Publiched: 27 July  2012

 

KAAPSTAD. – Drie skote het gister op ’n vergadering in ’n raadsaal in die middestad tot die dood van twee sakevennote gelei.

Die polisie kan nog nie vasstel wie die sneller getrek het wat die lewe van die sakemanne Julian Williams en Herman Pretorius gister geëis het nie.

Williams was die uitvoerende hoof van Basileus Group.

Die voorval het gister net ná 17:00 op die derde verdieping van die Icon-gebou in Onder-Langstraat gebeur. Die gebou bestaan uit ’n hotel, kleinhandelruimtes, wooneenhede en kantore.

Volgens ao. November Filander, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, was die oorledenes sakevennote. “Met die aankoms van die polisie is Williams dood in die kantoor aangetref met ’n skietwond in die nek en bors.

“Pretorius was in ’n kritieke toestand en het ’n kopwond gehad. Hy het op pad na die hospitaal aan die wond beswyk. Die vuurwapen was ook op die toneel.”

Filander het gesê die twee was alleen in ’n vergadering terwyl ander personeellede buite was.

Hy het gesê die saak word ondersoek.

James Ngculu, ’n voormalige ANC-LP en die voorsitter van Basileus, wou nie gisteraand uitbrei oor die vergadering tussen Williams en Pretorius nie. “Dit is hartseer wat gebeur het. Verder het ek geen kommentaar nie.”

*Basileus is in 2008 deur Wil­liams en Ngculu gestig.

Lees Meer

Leave a Reply/Los Kommentaar

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: