Balju slaan toe op huis

24 Oct

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 24 October 2012

KAAPSTAD. – Die balju het vroeër vandeesmaand toegeslaan op wyle Herman Pretorius se spoghuis in Welgemoed nadat ’n hofbevel in die geheim verkry is om op rekenaars, inligting en selfs banktoerusting beslag te lê.

Die bevel is verkry nadat kurators inligting ontvang het dat lede van Pretorius se gesin onder meer in besit is van ’n apparaat waarmee jy toegang tot bankrekenings kan verkry asook bankrekeningkodes wat nodig is om geld uit buitelandse rekenings te kan rondskuif.

Kurators was verder bevrees dat bewyse weggesteek of vernietig sou word.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof is om dié rede gevra om ’n dringende aansoek om ’n interdik aan te hoor sonder om Pretorius se weduwee, Susan Ann Preto­rius, en haar twee seuns, Andrew en Christopher, daarvan in kennis te stel.

Die kurators het in hofstukke hul vrese uitgespreek dat die Pretoriusse steeds toegang het tot bankrekenings van die talle entiteite van die Abante Groep, een van Pretorius se sogenaamde beleggingsbedrywe.

In die hofaansoek is voorts genoem dat rekenaarlêers ná Pretorius se dood uitgevee en verwyder is, asook dat dokumente vernietig is.

Pretorius se rekenaars is ook deur mense met wie hy noue bande gehad het uit Abante se kantore verwyder. Dit sluit in ’n Apple Mac-rekenaar wat volgens inligting (wat die kurators ontvang het) op 15 Augustus deur Andrew Pretorius uit die kantore verwyder is.

In die vroeë oggendure van 3 Augustus is bepaalde lêers van hardeskywe ook verwyder en die gebruiksgeskiedenis van ’n Skype-program uitgewis.

Die balju het sedertdien toegeslaan op wyle Pretorius se huis van R30miljoen in Welgemoed (waar hy ook ’n kantoor gehad het) op soek na: ……………

Continue reading this article

One Response to “Balju slaan toe op huis”

  1. smith logan 30 March , 2015 at 07:52 #

    Welkom by SMITH LOGAN GROEP VAN MAATSKAPPYE

    (A persoonlike diens vir al jou finansiële behoeftes) SMITH LOGAN GROEP VAN MAATSKAPPYE bied lening teen ‘n baie lae rentekoers van 2%, bied ons persoonlike lenings, skuld konsolidasie lenings, waagkapitaal, besigheid lenings, onderwys lening, verband lenings en lenings vir enige rede en dringende behoeftes! .Have jy deur jou bank verwerp? Jy het ‘n slegte krediet nie? Jy onbetaalde rekeninge nie? ar jy in die skuld? Is dit nodig om ‘n besigheid te begin? Bekommer nie meer, want ons is hier om ‘n lae rentekoers lening te verskaf. Ons lening wissel van $ 700 dollar ($ 700) $ 50, 000,000.00. (Vyftig miljoen). Ons voorsien ook in die VSA dollar, Euro en enige geldeenheid !!

    As jy belangstel, kontak ons asseblief nou in ons e-pos: SMITHLOGAN101@GMAIL.COM

Leave a Reply/Los Kommentaar

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: