Bedrieglike beleggings vang jou só

12 Apr

Author: Hanlie Stadler

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 12 April 2013

Dis ’n frase wat almal ken: As dit te goed klink om waar te wees, ís dit. En tog verloor duisende mense jaarliks miljarde rande in twyfelagtige en bedrieglike“beleggings”. Hoe keer jy dat jy ’n slagoffer raak?

VERSKILLENDE SOORTE BEDROG Geen swendelaar gaan jou ooit nooi om in sy Ponzi- of piramideskema of ander soort skelmspul te belê nie. Hulle gaan jou intrek met indrukwekkende syfers en woorde wat klink of dit wettige beleggingsinstrumente is.
In die geval van ’n Ponzi-én ’n piramideskema word jou geld egter nooit regtig in ’n werklike onderneming, eiendom of ander beleggingsinstrument belê nie. Die geld wat jy belê, word gebruik om die belegger voor jou se beloofde opbrengs te betaal. Net só word jou “opbrengs”betaal uit die geld wat die volgende belegger belê.

WAT IS DIE ROL VAN ’N FINANSIËLE TUSSENGANGER?
Voordat jy jou geld belê, vra die raad van ’n sogenaamde finansiële tussenganger – hy kan die titel finansiële raadgewer, gesertifiseerde finansiële beplanner (CFP) of makelaar hê. “Ervare raadgewers het al ál die skemas gesien en weet hoe hulle werk,” sê Came.

Uiteraard is daar enkele vrot appels in die bedryf vir finansiële tussengangers. Só was tussengangers by Herman Pretorius se bedrogspul betrokke. Die Fais-ombudsman het pas tussengangers wat beleggers se geld in Sharemax (’n eiendomsindikasie wat in duie gestort het) belê het, skuldig bevind aan ’n verskeidenheid oortredings.

Maar, sê Lubowski, baie min bedrieglike skemas laat hul produkte deur finansiële tussengangers verkoop óf hulle beperk hulle net tot enkele sulke tussengangers, wat dan ook gewoonlik ’n baie nou verhouding het met die“ghoeroe” van die beleggingskema.

Lubowski sê die rol van ’n finansiële beplanner strek baie verder as net die verkoop van versekerings- of beleggingsprodukte. “Hy moet jou éérs help om realisties en voldoende te beplan en dan te kyk na ’n portefeulje produkte. Enige beplanner wat net aan jou produkte wil verkoop voordat ’n behoorlike proses deurloop is, moet vir jou ’n rooi vlag wees.”

Lees Artikel in Die Burger

Leave a Reply/Los Kommentaar

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: