Makelaar vir diens betaal, hoor hof

7 May

Author:  JANA BREYTENBACH

Publications: Die Burger

Date Published : 07 Mei 2014

KAAPSTAD. – Al het wyle Herman Pretorius ’n onwettige beleggingskema bedryf, beteken dit nie dat “ ’n makelaar wat nou weier om sy fooie terug te betaal daarvan bewus was nie”.

Só is gister aangevoer deur adv. Alasdair Sholto-DouglasSC wat die makelaar Michal Calitz van Bellville in die Wes-Kaapse hooggeregshof verteenwoordig.

Calitz staan ’n aansoek teen wat deur die kurators van Pretorius se gesekwestreerde Rela­tive Value Arbitrage Fund (RVAF)-trust en sy Seca-trust ingedien is.

Die kurators voer aan dat Calitz R6,54 miljoen aan die RVAF-trust en byna R380 000 aan die Seca-trust moet terugbetaal.

Verder word geëis dat Impact Finansiële Konsultante (’n beslote korporasie waarin Calitz ’n 80%-aandeel het) ook sowat R2,1 miljoen aan die twee trusts terugbetaal.

Beleggers het op advies van Calitz meer as R86 miljoen in Pretorius se skema belê.

Adv. Jannie van der Merwe, vir die kurators, het aangevoer dat die betaling aan Calitz onwettig was.

Hy het ook aangevoer dat Pretorius, sy vrou, Susan-Ann, en Eduard Brand die trustees van die Seca-trust was, en dat Pretorius en Brand die enigste trustees van die RVAF-trust was. Pretorius het, sonder om sy mede-trustees insae te gee, oor betalings besluit.

volgens Van der Merwe was dit onwettig.

Boonop was die betalings deel van ’n “onwettige beleggingskema, of Ponzi-skema”, het Van der Merwe gesê.

Sholto-Douglas het namens Calitz aangevoer dat hy ’n diens gelewer het en daarvoor betaal is.

“Dit is geld wat Calitz verdien het en waarop hy belasting betaal het.”

Volgens Sholto-Douglas grond die kurators hul aansoek op hoorsê-getuienis wat nie in dié aansoek ingedien is nie. “Die kurators steun op getuienis wat in die sekwestrasie-aansoek teen Susan-Ann Pretorius ingedien is, en dat dit hoorsê-getuienis in die aansoek teen Calitz is.”

Van der Merwe het gesê ’n regter het die getuienis in die sekwestrasie-aansoek van Susan-Ann Pretorius aanvaar en dat die aansoek dus daarop kan steun.

Indien Calitz nie die geld kan terugbetaal nie, sal daar moontlik ’n aansoek om sekwestrasie teen hom by die hof ingedien kan word, het Van der Merwe gesê.

Regter Monde Samela het uitspraak voorbehou.

Lees Artikel in Die Burger

Leave a Reply/Los Kommentaar

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: