Stilte oor Herman Pretorius verbaas

25 Jul

Author: Sê Maar Net – Tygerberg

Publications: Die Burger – Briewe Kolom

Date Published : 25 Julie 2014

Almal skryf briewe en SMS’e aan Die Burger oor “Die Stem” wat “daardie man wat praat in plaas van sing” op ‘n fees gesing het. Dit gaan my verstand te bowe dat niemand tot dusver geskryf het oor die “skatryk” Herman Pretorius van Welgemoed nie. Dis nou hy wat soveel mense uit hul spaargeld geswendel en toe homself en sy vennoot doodgeskiet het.
Nou sien ek in die koerant sy huis word op 3 Augustus op ‘n veiling verkoop. Ek moes twee keer lees verlede Dinsdag, 15 Julie, net om seker te maak dat ek reg lees dat die vrou R13 miljoen se verbeterings aan die huis aangebring het. Dit skrei ten hemel!
Het niemand wat hier uit hul geld verkul is, iets te sê nie – hulle of hul familie of vriende hier in Bellville?
Ek vra maar net, want eintlik ken ek nie iemand wat só verkul is nie, want ons mense is maar skugter met ons ou geldjies – nie so geldgierig om gou ryk te word nie.

Sê Maar Net
Tygerberg

Leave a Reply/Los Kommentaar

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: