Calitz moet R8 m. betaal

17 Oct

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 17 Oktober 2014

Wyle Herman Pretorius se beleggingskema het “ ’n baie lae risiko en is gepas vir ’n mens wat op die punt is om af te tree”.

Dít was die raad wat die makelaar Michal Calitz van Impact Finansiële Konsultante in Bellville volgens ’n belegger verskeie kere aan hom gegee het toe hy tussen Augustus 2007 en Maart 2011 al sy aftreegeld by Preto­rius belê het.

Die belegger, Hendrik Carstens, is een van die mense wat Calitz by die ombudsman vir finansiële adviseurs en tussengangers (Fais) verkla het. Carstens het vyf keer beleggings met ’n totale waarde van R2,3 miljoen in Pretorius se Rela­tive Value Arbitrage Fund (RVAF)-trust belê en mettertyd R175 000 daarvan onttrek.

Die Fais-ombudsman, Noluntu Bam, kan slegs eise van tot R800 000 hanteer. Sy het Dins­dag beslis dat vir die een belegging van R1,9 miljoen Calitz slegs R800 000 hoef terug te betaal. Sy het egter die ander vier beleggings bygereken en gelas dat Calitz R1,19 miljoen aan Carstens moet terugbetaal.

Bam het Maandag nog ’n eis van R150 000, wat deur Jeanrich Ehlers ingedien is, teen Calitz toegestaan. Dit is die jongste van 13 suksesvolle eise teen Calitz en hy moet nou reeds meer as R8 miljoen aan beleggers terugbetaal.

Die Burger het vantevore berig dat Calitz die eise teen hom teenstaan.

Calitz voer aan dat daar geen kousale verband is tussen die skade wat beleggers gely het en sy optrede as makelaar nie. Die skade was nie sy (Ca­litz se) toedoen nie, maar die gevolg van Pretorius se bedrog.

Calitz is ook besig met ’n aansoek om verlof tot appèl teen ’n uitspraak van regter Monde Samela in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Dit is nadat Monde gelas het dat Calitz, sy beslote korporasie Impact Finansiële Konsultante en die maatskappy EQ Prop R9,06 mil­joen moet terugbetaal.) Vyf makelaars het reeds ooreenkomste aangegaan met die kurators van Pretorius se maatskappye en trusts en hulle het reeds R1,8 miljoen terugbetaal. ’n Verdere sowat R2,4 miljoen gaan deur dié makelaars terugbetaal word.

Leave a Reply/Los Kommentaar

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: