Weelde met Ander se Geld

29 Nov

Almari Wessels

Huisgenoot

14 August 2014

Ons loer in die swendelaar Herman Pretorius se spogwoning met sy duur meubels, en vra die mening van twee binneversierders.

Daar is lang splete in die imposante veiligheidshek en terwyl ons vir die agent wag, kan ons nie help om solankndaardeur te loer om ‘n glimp te kry van die rykmanshuis daaragter waaroor al so baie geskryf en gegis is nie.
Die deel van die huis wat ons sien, is teleurstellend: Die gras is hopeloos te lank en die plante en bome lyk moeg en verwaarloos, glad nie wat mens in Welgemoed, een van Kaapstad se spogwoonbuurte, verwag nie.
Maar nou ja, die huis se gewese inwoners moes die afgelope twee jaar seker groter probleme as gras sny trotseer.
Die openbare veilingvan die kasarm by Van de Graafstraat 26 is een van die laastehoofstukke in ‘n opspraakwekkende drama wat op 26 Julie 2012 begin het toe die patriarg Herman Dempers Pretorius hom en sy oudsakevennoot Julian Williams in Julian se kantoor in Kaapstad doodskiet.
Die “beleggingsmagnaat” Herman is na sy dood as ‘n swendelaar ontmasker en die “fondse” waarin beleggers sowat R2,2 biljoen bele het, was toe eintlik piramideskemas.
En nou word die huis waarin Herman, sy vrou, Susan-Ann (53), en hul seuns van in die 20, Andrew en Christopher, gewoon het, opgeveil en kan die publiek vir die eerste keer sien hoe die binnekant lyk.
Susan-Ann is in Oktober verlede jaar finaal in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesekwestreer nadat sy die aansoek hewig teengestaan het. Daarna kon die trustees van twee van haar man se “beleggingskemas”, die Relative Value Arbitrage Fund en Seca Trust, eindelik die huis laat opveil.
Die gesin se vakansiehuis op Hermanus is verlede jaar al vir R16,5 miljoen opgeveil en twee eiendomme wat Herman vermoedelik vir sy seuns aangeskaf het, ‘n huis in Oranjezicht en ‘n woonstel in Claremont, het onderskeidelik R4,9 miljoen en R3,2 miljoen gehaal.Herman en Susan-Ann het die Welgemoed huis in 22004 vir R2.5 miljoen gekoop, maar voor sy dood het Herman die waarde van die huis op R25 miljoen geraam nadat die gesin binne twee jaar sowat R13.3 miljoen aan bouwerk en binneversiering bestee het.
En vandag kom Huisgenoot kyk hoe die indrukwekkende glaspaleis wat met ander se geld gebou is, binne lyk. Ons het twee binneversierders genooi om saam te kom en hul indrukke te deel: Nico Alberts van Nico Alberts Interiors en Nicola Rossouw van House Couture Interior Design, albei van Kaapstad.
Van Buite
Mens mag nie alleen op die erf van 3200 m2 of in die huis ronddwaal nie, en die afslaer Claremart se agente kom haal mense by die elektroniese hek. Op versoek van Susan-Ann mag besoekers ook geen foto’s neem nie.
‘n Mens verstaan dadelik waarom die huis die bynaam glaspaleis gekry het: Al die glas skuifdeure en -vensters laat dit lyk of die buitemure van glas is.Die glas word afgewissel met moderne staalstruture en afrondings van sandklip versag die andersins strak en harde lyne. Die soort ontwerk is baie modern en tipies van hedendaagse Suid-Afrikaanse argitektuur, se Nico en Nicola.
Ingang en GrondVerdieping
Wanneer jy die huis deur die reuse glasdeure binnestap, is jou eerste indruk een van ‘n ontsaglike, gestroopte ruimte. Die grondverdieping is ‘n enorme dubbelvolume-vertrek met reuse glasvensters, gordyne en blindings wat twee verdiepings ver van die plafon tot by die vloer strek.
Die elegante kroonkandelaar van handgeblaasde glas hang ook twee verdiepings diep en is sowat R30 000 werd, se Nicola.
Die gordyne en blindings word met afstandbeheer oop-en toegemaak en is ontwerp om ‘n warm, knus dop vir die andersins koue en taamlik siellose omgewing geskep.
In ‘n hoek lei ‘n elegante marmer trap met glasrelings na die tweede verdieping. Die relings en raamlose glas moes ook nagenoeg R30 000 gekos het, raam Nicola.
Die meubels om die grondverdieping is gerangskik sodat dit vier afsonderlike vertrekke vorm wat inmekaarvloei en net geskei word deur afskortings wat sonder deure van die plafon tot op die grond strek.
Al die sagte meubelbedekkings is neutrale kleure, en tekstuur word verleen deur materiale wat wissel van ryk fluweel tot linne van aardse kleure, verduidelik Nico.
Die vloer is van marmer waarop spesiaal ontwerpte wolmatte in ligte skakerings plek-plek neergesit is, en teen die mure hang kontemporere kunswerke wat perfek met die kleurskema saamsmelt. Die matte is elk tussen R30 000 en R50 000 werd, skat die binneversierders.
Elke vertrek is met ‘n fokuspunt ontwerp, verduidelik Nico. Die fokuspunt van die hoof-leefvertek is ‘n lang, plat, supermoderne kaggel en die van die TV-kamer langs die kombuis is elegante, grys mure wat met materiaal oorgetrek is.
In die hoofleefvertrek staan ‘n L-vormige ontwerpersbank wat volgens hofdokumente R48 600 gekos het. Nicola raam die gesamentlike waarde van die banke en die stoele op die grondverdieping op sowat R130 000.
Twee kombuistafels wat op ‘n oop oppervlak langs die televisiekamer staan, is volgens Nicola sowat R55 000 elk werd. Die stoele is weg: Suasn-Ann het dit glo saamgeneem. “Met die stoele by sal die tafels sowat R150 000 elk werd wees.” se Nicola.
Die enorme kombuis bestaan uit drie lang, smal vertrekke met afskortings tussenin en is elke sjef se droom. Die toonbanke is met graniet afgewerk en die kaste is van kiaathout – “modern en goed afgerond”, meen Nico.
Aan die kombuis grens ‘n motorhuis met ‘n marmervloer waar die Pretoriusse se Aston Martin DB van R2,5 miljoen en ‘n Range Rover van sowat R1 miljoen waarskynlik geparkeer gestaan het.
Eerste Verdieping
Die poraal van die eerste verdieping het vloere van soliede hout. Reg langs die trap staan ‘n Barcelona-dagbed, ‘n ikoniese meubelstuk geinspireer deur die beroemde Duits-Amerikaanse argitek Mies van der Rohe.
Ons loop na die slaapkamers, wat almal volvloerwoltapyte het. Soos ‘n mens kan verwag, het die hoofslaapkamer ‘n weelderige instapkas. Die skrynwerk hier is spesiaal vir die vertrek ontwerp en met ‘n liggrys Duco-verf (‘n soort emaljeverf) afgewerk, verduidelik Nico. In die hoek van die instapkas is ‘n glasstort wat tot by die dak strek en op ‘n binnenshuise tuin afkyk.
Al die beddens in die slaapkamers het ‘n koppenent van Franse Linne en chenille wat van muur tot muur strek. Elke slaapkamer het ook ‘n en suite-badkamer met glasstorte, mmarmervloere en -mure en in die hoofslaapkamer is marmertrappies tot in die bad.
In wat vermoedelik die Pretorius-seuns se kamers was, staan rugbyballe en speelgoedbbeertjies nog op die rakke. Op die een kamer se vloer is drie lee Adidas-bokse opmekaargestapel.
Al die kamers het glasdeure wat na ‘n balkon lei van waar mens ‘n pragtige uitsig het op ‘n lang, nou swembad en die lower-groen boomtoppe van Welgemoed.
‘n Mens kan van hier af ook sien hoe verwaarloos die tuin eintlik is en die in die linker-hoek van die grasperk le ‘n verdwaalde rugbybal. Dis alles tekens van die lewe wat die ggesin eens hier op die omheinde erf gelei het.
Kelderverdieping
Nog ‘n paar stelle marmertrappe later kom ons in die kelderverdieping aan, waar die vertrekke is van waar die Pretorius-gesin hul elektrisiteit so opgejaag het. Volgens ‘n broon na aan die ondersoek het die gesin elke maand byna R40 000 aan krag bestee en as jy die wynkelder, gimnasium, sauna en rolprentkamer sien, kan jy verstaan hoekom.
Die wynkelder is van dak tot vloer van hout en die temperatuur word elektronies beheer, se Nicola. Die glasdeur daarheen is gesluit, maar jy kan sien die rakke dra nog tiientalle bottels wyn.
In die gang wat na die gimnasium en wynkelder lei, staan twee lae uitgekerfde houtbankke. Die rolprentkamer het meubels in ‘n Indonesiese styl: uitskopleerstoele en ”n lang, halfronde bank met sitplek vir maklik agt mense. Nicola skat die waarde van die meubels op sowat R80 000.
In die gimnasium is ‘n trapmeul, ‘n roeimasjien, verskeie gewigte, nog oefeninstrumente en neffens die gimnasium is ‘n piepklein sauna.
En Wat is die Kenners se Oordeel?
Die huis is vir hom koud en sielloos, is Nico se slotsom toe ons weer buite die elektroniese hek staan. Nicola stem saam – die decor is taamlik klinies en onpersoonlik, se sy, maar ‘n mens moet ook onthou dis mense se gekoesterde persoonlike besittings wat lewe aan andersins karakterlose vertrekke gee, en die is lankal hier verwyyder.

Ekstra Bronne: Die Burger, Moneyweb

Leave a Reply/Los Kommentaar

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: