Beleggers kry glo iets terug

16 Apr

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 16 April 2015

Goeie nuus vir beleggers wat in Herman Pretorius se beleggingskemas belê het, is dat hulle wél van hul geld sal terugkry.

Die gesamentlike trustees van die insolvente boedel van Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) Trust het in die jongste vorderingsverslag dié nuus aan beleggers bekend gemaak.

“Dit is duidelik dat daar wesenlike fondse vir verspreiding onder beleggers beskikbaar sal wees,” lui die verslag.

Die trustees het aangedui dat hulle binnekort aansoeke in die Wes-Kaapse hooggeregshof gaan indien vir die tersydestelling van hofbevele wat verkry is om die bates van verskeie van Pretorius se entiteite te bevries.

Die trustees het die bates bevries uit vrees dat Pretorius se weduwee, Susan-Ann, die bates vir haar sou vat.

Nou is dit nodig om die hofbevele tersyde te stel sodat daar ’n vollediger prentjie verkry kan word van die bedrag geld wat vir beleggers beskikbaar is.

Beleggers wat reeds eise ingedien het, asook nuwe eise wat deur beleggers ingedien word, sal ingevolge die Insolvensiewet deur die trustees beoordeel word vir moontlike uitbetalings.

 Pretorius se geldsake van 2004 tot 2012: ’n Opsomming van Pretorius en die RVAF-groep se finansiële situasie van 2004 tot sy skietdood in 2012 toon volgens kwitansies dat R2,5 miljard van beleggers en ander bronne ingevorder is. 

Altesaam R2,1 miljoen van dié bedrag was ten tyde van Pretorius se dood in die RVAF-rekening. 

Vir eie gewin: Pretorius het R753 miljoen van dié geld gebruik vir alles behalwe uitbetalings aan beleggers, volgens ’n opsomming van die RVAF-groep se inkomste en uitgawes wat deur forensiese ouditeurs in opdrag van die trustees opgestel is.

Pretorius het die miljoene rande eerder gebruik om onder meer vir homself luukshede, soos ’n Aston Martin-sportmotor (R1,7 miljoen), aan te skaf asook talle eiendomme en duur juwele vir sy vrou, Susan-Ann, en hul seuns.

Aandele vir homself gekoop:Pretorius het R80 miljoen gebruik om onder meer vir homself aandele in Wesizwe Platinum te koop, luidens die trustees se verslag.

Die trustees is nog in die duister oor waarom Pretorius verskeie groot bedrae in Wesizwe belê het.

Die vermoede is dat hy daarmee wou spekuleer in die hoop dat hy daardeur sy jare lange Ponzi-skema kon verdoesel.

  Makelaars: Die makelaars wat onder meer niksvermoedende pensioentrekkers oortuig het dat Pretorius se RVAF-groep ’n veilige keuse is om hul pensioengeld in te belê, het R124,6 miljoen se betalings van Pretorius ontvang, luidens die verslag. 

Vordering word tans gemaak met eise teen die onderskeie makelaars wat uitbetalings ontvang het. Wanneer die geld ingevorder word, sal dit meer geld vir beleggers beteken.

Susan-Ann het R4,18 miljoen van haar man ontvang.

Ander betalings wat deur Pretorius gemaak is (wat nie deur die forensiese ouditeurs gespesifiseer is nie) beloop R164 miljoen.

Die trustees noem verder dat Pretorius se familietrusts intussen met welslae gesekwestreer is.

Pretorius het oor die jare verskeie trusts gestig om homself, sy vrou en hul twee seuns te begunstig.

Die bates wat deur die trusts bekom is, sluit in ’n luukse vakansiehuis in Hermanus, die Pretorius-gesin se huis in Welgemoed en twee eiendomme vir sy seuns in onderskeidelik Higgovale en Claremont – wat intussen op openbare veilings deur die RVAF-trustees verkoop is.

KLEINGELD

R2,1 miljoen

Van die R2,5 miljard wat van beleggers ingevorder is, was net R2,1 miljoen in die RVAF-rekening oor.

Leave a Reply/Los Kommentaar

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: