Archive | Rooi Rose RSS feed for this section

Stoksiel-gelukkig

21 Apr

Author: Martie Pansegrouw

Publications: Rooi Rose Tydskrif

Date Published: Maart 2015

Om te trou of nie te trou nie, of om weer te trou of nie, is soms net hoe die meetsnoere vir ons val. Dis hoe jy dit hanteer wat saak maak.
Enkellopende vroue het lankal die negatiewe etiket afgeknip.

Om enkellopend te wees beteken nie meer soos in die vorige eeu dat jy nie opsies het nie. Jy het die keuse om te weier dat jou lewe deur die status van jou verhoudings gedefinieer word. Selfs die term “oujongnooi” is lankal nie meer relevant nie. Vroue trou in die dertig, veertig, vyftig of later in hul lewe… of glad nie. Party skei en wil nooit weer trou nie, en sommiges se lewensmaats sterf en hulle kry nie weer ‘n goeie plaasvervanger nie.

Daar is hope webtuistes en blogs waarop enkellopendes hul filosofiee deel. Een van die talle gewildes is die van Mandy Hale, ook bekend onder haar blog-lesers en Twitter-aanhangers as The Single Woman™. Haar leuse is “Life, love and a dash of sass” en sy verkondig “Single is the new fabulous!”