Tag Archives: JAN BEZUIDENHOUT

Geld en verbrokkelde drome

19 Oct

Author: JAN BEZUIDENHOUT

Publications: Landbou.com

Date Published: 19 October 2012

In gesprekke met boere wat geld belê het in wyle Herman Pretorius se RVAF-fonds, waarvan sowat R2 miljard nou soek is, sien jy watse uitwerking geld op die mens kan hê.

Of jy nou ryk of arm is, of iewers tussen-in. Kyk maar na die armste van arm mense wat in die dorp en stad met trollies van Pick n Pay net voor die vullislorries uitstap om asblikke te deursoek. Meestal soek hulle kos. Sonder geld kan die ryk man ook nie nóg projekte bedink om nóg ryker te word nie. En tussen-in moet Jan en Alleman die boeke maand ná maand laat klop, wat nie maklik is nie.

Terug by die verdwene miljoene, of miljarde, in Pretorius se RVAF-fonds.

Aanvanklik het dit geblyk dat die groot gros van beleggers, wat talle boere insluit, uit die Swartland is. Pretorius was oorspronklik van dié geweste. Maar soos meer mense aan die gesels geraak het, het beleggers .…

Continue reading

Beleggers byeen oor Pretorius-bedrog

19 Oct

Author: JAN BEZUIDENHOUT

Publications: Landbou.com

Date Published: 19 October 2012

Beleggers wat miljoene rand in wyle Herman Pretorius se RVAF-fonds belê het, wil hul geld terugkry

Sowat 70 beleggers wat geld verloor het in wyle Herman Pretorius se RVAF-fonds het Donderdag (18 Oktober) in Bellville byeengekom om oor die pad vorentoe te besin om hul geld terug te kry.

Die vergadering is  belê deur mnr. J.J. du Plessis van Kaapstad, wie se 71-jarige vader ál sy spaargeld van sowat R6,8 miljoen by Pretorius belê het. Pretorius het op 26 Julie vanjaar ‘n vennoot doodgeskiet en hom daarna om die lewe gebring. Hy is graf toe met die sleutel tot waar sowat R2 miljard se beleggings heen is.

Du Plessis jnr. het ’n aantal beleggers .…

Continue reading

Boere R2 miljard kwyt in beleggingskema?

11 Sep

Author: JAN BEZUIDENHOUT

Publications: Landbou.com

Date Published: 11 September 2012

Tot R2 miljard is glo deur boere in ’n beleggingskema van wyle mnr. Herman Pretorius verloor.

Wes-Kaapse boere was skynbaar van die groot verloorders in ’n aanloklike beleggingskema waarin sowat R3 miljard soos mis voor die son verdwyn het.

Die belegger aan wie dié boere hul geld toevertrou het, wyle mnr. Herman Pretorius, se werksaamhede word nou ondersoek weens die omvang van beweerde bedrog. Pretorius het op 26 Julie selfmoord gepleeg in die dieselfde kantoor waar ‘n kollega van hom doodgeskiet is.

Die lokmiddel in die skema was rente van tot 25% wat aan beleggers belowe is. Te midde van grootskaalse speurwerk om dié verdwene miljard nou op te spoor, word ontstellende bewerings gemaak dat selfs landbou-produksielenings .…

Continue reading