Tag Archives: Marelize Barnard

Dienstekommissie onthul: Ponzi-manne ‘het lang geskiedenis’

6 May

Author: Marelize Barnard

Publications: Netwerk24

Date Published : 6 Mei 2015

KAAPSTAD. – Wat het die Ponzi-bedrieër wyle Herman Pretorius, die man wat hy doodgeskiet het, Julian Williams, en die beleggingsbestuurder van Welgemoed, Jacobus Kellermann, met mekaar te doen?

’n “Lang geskiedenis” – as dit van die Finansiële Dienstekommissie van die Britse eiland Guernsey (GFSC) afhang.

Die skietery waarin Pretorius op 26 Julie 2012 eers vir Wil­liams en daarna homself geskiet het, is in die Guernsey-hooggeregshof vir die eerste keer in openbare hofdokumente aan internasionale aandeletransaksies gekoppel.

Kellermann, wat net soos Pretorius spogeiendom in Welgemoed aangeskaf het – en ook soos Pretorius ’n voorliefde vir vinnige sportmotors het – word by dié aandeletransaksies betrek. Kellermann en sy sakevennoot, David Cosgrove, is die afgelope twee maande al hoe meer in die nuus oor die beleggingsfondse waarby hulle in veral Mauritius en ook Guernsey betrokke is en ondersoeke na hul betrokkenheid by die bestuur van internasionale beleggingsfondse.

Die Pretorius-skietery:

Pretorius en Williams se skietdood was ’n dag nadat Kellermann betrokke geraak het by die verkoop van 1,4 miljoen aandele in die beleggingsmaatskappy BK One, wat gebruik is as beleggingsmedium om beleggers te kry om in maatskappye te belê wat aan die Basileus-groep behoort het.

Pretorius se beleggers het in een van die Basileus-maatskappye, AV Alloy, belê. In Pretorius se poging om sy Ponzi-skema geheim te hou, het hy R40 miljoen aan Williams geleen om aan sy beleggers uit te betaal en daardeur te probeer voorgee alles gaan goed.

Williams en Pretorius het hieroor gestry, wat klaarblyklik tot die skietvoorval gelei het.

Op dieselfde dag van die skietvoorval is 1,4 miljoen aandele in BK One verhandel. Dit is aandele wat aan Ankh behoort het, ’n beleggingsfonds wat deur Kellermann bestuur is.

Die verkoop van aandele:

Die Ankh-aandele in BK One is volgens die Guernsey-hofstukke deur nog ’n entiteit, Citygate (’n maatskappy in Mauritius wat deur Kellermann en Cosgrove bestuur is), aan nog ’n entiteit, Strategic Cells, verkoop. Die verkoopsprys was glo teen die waarde van die aandele soos vasgestel die dag voor die skietvoorval.

Intussen het die skietvoorval ’n “dramatiese” impak gehad op die waarde van die BK One-aandele. “Alle aspekte van die transaksie” kan volgens die hofstukke voor die Guernsey-hooggeregshof op hoogste vlak bevraag-teken word. Daar word aange-voer dat Kellermann in ’n groot-skaalse belangebotsing was omdat hy namens Ankh én Strategic Cells opgetree het.

Kellerman het volgens die bewerings van die Guernsey Finansiële Dienstekommissie nie die nodige inligting van die skietvoorval of die moontlike negatiewe nagevolge wat dit op die BK One- en Basileus-aandele sou kon hê aan die relevante betrokkenes verklaar nie.

Wat sê Kellermann?

Kellermann het op 25 Maart aan Die Burger gesê hy was as raadgewer betrokke by ’n maatskappy wat genoteerde BK One-aandele gekoop het. Die beleggingspan het dit verkoop na aanlei-­ding van ’n versoek van die besturende maatskappy om kontant in die portefeulje te verhoog.

Kellermann en Cosgrove het gister deur hul regsverteenwoordiger, Werksmans-regsfirma, by navraag oor die bewerings in die Guernsey-hofaansoek gesê hulle gaan vir eers nie verder kommentaar lewer nie.

Vrae oor beleggings: Herman Pretorius se spook loop weer

25 Mar

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 25 Maart 2015

NOG ‘N PONZI-SKEMA?

Kaapse sakeman praat vandag

Die Ponzi-bedrieër Herman Pretorius se spook loop weer in beleggingskringe.

En dié keer word daar weer ’n miljoenêr-beleggingsbestuurder van die ryk Kaapstadse voorstad Welgemoed genoem.

Die naam van Cobus Kellermann (39), ’n batebestuurder wat sakebande gehad het met Julian Williams wat in 2012 deur Preto­rius doodgeskiet is, word nou in nuusberigte genoem in verband met vrae wat ontstaan het oor beleggings van honderde miljoene rande.

Kellerman – met sakebelange so wyd as Somerset-Wes, Durban­ville, Mauritius en Switserland tot die eiland Guernsey in die Engelse Kanaal – woon twee strate van wyle Pretorius se ontwerpershuis wat verlede jaar vir R12,8 miljoen opgeveil is.

In 2012, toe ​Pretorius eers vir Williams, sy oudsakevennoot, en daarna homself in die middestad van Kaapstad doodgeskiet het, het dit bekend geword dat Kellerman se twee beleggingsfondse wat in Mauritius geregistreer was groot bedrae belê het in ’n maatskappy wat weer groot belê het in Basileus Capital, waarvan Williams die uitvoerende hoof was.

Dinsdag is in Sake berig Kellermann word verbind met ’n internasionale beleggingsgroep, Belvedere Management, wat uit Mauritius bedryf word en wie se kapi-taalgroeisyfers glo onder verden-king is.

Die Burger het Dinsdag Kellermann se huis in Welgemoed besoek om sy kommentaar te kry. ’n Man wat die interkom by ’n veiligheidshek geantwoord het, wou nie kommentaar lewer nie.

Hoewel in berigte verwys word na Kellermann se voorliefde vir vinnige motors, soos ’n rooi Ferrari, was daar geen sportmotors in die oprit nie, maar wel ’n Toyota Prado en ’n Isuzu-bakkie.

Met ’n tweede besoek aan die woning het ’n vrou, wat uit ’n wit VW Touareg geklim het, die veiligheidshekke haastig toegesluit. Sy het net voor sy die huis se deure toegemaak het, op ’n verslaggewer van Die Burger, Jason Felix, geskree: “Gaan weg, asseblief. Ons het geen kommentaar oor alles nie. Gaan net weg.”

Kellermann het intussen aan Johan Theron, prokureur van die regsfirma Werksmans, opdrag gegee om hom en sy sakevennoot, David Cosgrove, by te staan nadat “ongegronde en skadelike aanmerkings” deur ’n oorsese publikasie gemaak is “en nou ook deur plaaslike media herhaal word”.

Theron het gesê Kellermann en Cosgrove is bereid om vandag persoonlik vrae te beantwoord oor die aantygings, asook presies wat Kellermann se verbintenis met onder meer Basileus, Wil­liams en Pretorius was.

Kurators soek steeds Pretorius-miljoene

14 Oct

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 14 Oktober 2014

Die kurators van wyle Herman Pretorius se maatskappye en trusts soek steeds na die geld wat in sy beleggingskema verdwyn het.

In die jongste verslag deur die kurators se prokureurs, Mostert en Bosman, oor die soektog na geld word genoem dat die meeste van die makelaars wat kommissie van Pretorius ontvang het, reeds ondervra is.

Vyf makelaars het ooreenkomste aangegaan met die likwidateurs en hulle het reeds R1,8 miljoen terugbetaal. ’n Verdere sowat R2,4 miljoen gaan deur dié makelaars terugbetaal word.

In die gevalle waar makelaars nie vrywillig hul kommissies terugbetaal nie, is aansoeke in die Wes-Kaapse hooggeregshof teen hulle ingedien.

Een van die makelaars, Michal Calitz, is besig met ’n aansoek om verlof tot appèl teen ’n uitspraak van regter Monde Samela in die Wes-Kaapse hooggeregshof. Dit is nadat Monde gelas het dat Calitz, sy beslote korporasie Impact Finansiële Konsultante, en die maatskappy EQ Prop R9,06 miljoen moet terugbetaal.

Dit sluit in kommissie, ’n lening deur ​Pretorius en ’n geskenk van R250 000 wat Calitz aan die twee gesekwestreerde trusts van Pretorius moet terugbetaal.

Die bevel is gemaak ná ’n aansoek deur die kurators van Pretorius se gesekwestreerde Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) en sy Seca-trust.

Lesers se mening op Facebook oor Pretorius en hul geld:

Quintin Papenfus: “Ek weet van twee gesinne wat al hulle spaargeld verloor het. Dit natuurlik by Pretorius belê. Hulle kry bitter swaar vandag. Hy het soveel mense ingeloop . . . ek twyfel of hulle ooit hulle geld gaan terug kry.”

Soekie Bester: “Ons was slagoffer van hierdie skelm mense, het uit onkunde ons jarelange makelaar geglo. Nee, ek kon nog nie hierdie mense hul gulsige luukse lewe op ander se swaarverdiende lewensgeld vergewe nie!”

Annatjie Jonker: “Ja Herman Pretorius . . . dit is ’n psigopaat wat mense so in die oë kon kyk en vertel hoe hy risiko bestuur, hoe dinge beheer word, ens., welwetende dat die alles leuens is.”

Philip Meiring: “Julle moet rondkyk daar is nog baie van Herman Pretorius se eweknieë in die rondte, hulle skroom nie om jou geld te vat nie.”

Swaer getuig oor weelde voor dood

11 Oct

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 11 Oktober 2014

Van die Hardekraaltjie-woonwapark in Voortrekkerweg, Bellville, tot ’n multi-miljoenrand-huis in Welgemoed – dít is die pad wat die swendelaar Herman Pretorius geloop het.

Pretorius kon nie altyd ’n Aston Martin, luukse vakansiehuis in Voëlklip, Hermanus, en juwele van honderdduisende rande vir sy vrou, Susan-Ann, bekostig nie.

Daar was ’n tyd nadat sy sake in George “verkrummel” het toe die Hardekraaltjie-woonwapark al uitweg was.

Dít was gister van die getuienis van wyle Pretorius se swaer, Srecko Antun Bilobrk, ’n Kroasiër wat hom jare gelede in Suid-Afrika gevestig het en met Susan-Ann se suster, Carol-Ann, getroud is.

Bilobrk, ’n elektriese ingenieur, het in die Bellville- siviele hof in die sekwestrasie-ondervraging oor Susan-Ann se geldsake getuig.

Bilobrk was die laaste familielid met wie Pretorius gaan gesels het voor hy op 26 Julie 2012 eers sy voormalige sakevennoot Julian Williams en daarna homself in die Icon-gebou in die Kaapstadse sakekom doodgeskiet het.

Pretorius het op die dag van die skietery van sy kantoorkompleks in die Tyger-waterfront in Bell­ville gery en onverwags by sy swaer se huis in Kampsbaai opgedaag. Pretorius het gesê hy is in die stad om Williams te kom sien.

“Hy het gesê hy het R100 miljoen aan Williams geleen om die geld van die mense in sy tuisdorp (Piketberg) te betaal. En dat die hele dorp gaan ontplof omdat die geld nie betaal is nie,” het Bilobrk getuig.

“Hy het gesê hy het ’n halfuur. Hy het koffie gedrink en was gespanne. Die mense in sy tuisdorp is nie betaal nie . . . En toe hoor ons die nuus ’n paar uur later,” het Bilobrk getuig oor Pretorius se laaste oomblikke.

Adv. Almero de Villiers, wat namens die kurators van Preto­rius en Susan-Ann se trusts optree, wou by Bilobrk weet wanneer Pretorius hom gevra het om na sy (Pretorius) se gesin om te sien.

Bilobrk het geantwoord nadat Pretorius teruggekom het van ’n vakansie in Turkye het hy “vir die eerste keer in sy lewe gesê hy voel bedreig.

Pretorius het gesê Julian (Wil­liams) is bipolêr en daartoe in staat om enigiets te doen. Hy het gesê hy voel bedreig en dat hy nou met ’n ander motor ry.

Bilobrk het hierna getuig dat Pretorius hom gevra het om na sy gesin om te sien. “Ek het gedink hy maak ’n grap.”

De Villiers het hierop aangevoer dat Pretorius se seun Andrew gesê het Pretorius het ’n sak geld vir Bilobrk gegee, waarop Bilobrk dit ontken het. “Ons het nooit enige geldelike ooreenkomste gemaak nie.”

De Villiers het Bilobrk gevra waarom hy dan maandeliks R35 000 aan Susan-Ann gee sedert haar man se dood – dit beloop al tussen R500 000 en R600 000.

“Jy moet dit kan insien dat dit lyk asof Herman Pretorius geld aan jou gegee het, wat jy nou uitdeel.”

Bilobrk het geantwoord hy verwag Susan-Ann sal die geld terugbetaal uit die polisgeld wat sy ná Pretorius se dood ontvang het. Hyself het nie ’n sak geld van Pretorius ontvang nie.

■ Pretorius het R2,2 miljard van beleggers ingevorder in ’n belegging-piramideskema.

Waar kry sy nou haar geld?
■ Susan-Ann Pretorius en haar regsverteenwoordiger, Etienne Naude, was nie gister by die sekwestrasie-ondervraging nie. Hulle het ook nie sekere dokumente en bankstate oorhandig soos wat die kurators van Susan-Ann se boedel van hulle geëis het nie.

■ Pierre du Toit van die prokureursfirma Mostert en Bosman het by navraag gesê Naude het laat weet hy oorweeg dit om ansoek te doen om ’n bevel dat hy sy bankstate moet oorhandig, te laat hersien.

■ Daar is polisgeld van R8 miljoen aan Susan-Ann uitbetaal ná haar man se dood. Die geld word in ’n trust bewaar. Sy kry maandeliks R35 000 van haar swaer om kop bo water te hou, en het nog nie van die rente of die R8 miljoen-kapitaal gebruik nie, luidens getuienis in haar sekwestrasie-ondervraging.

Weduwee juwele kwyt

10 Oct

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 10 Oktober 2014

Die weduwee van Herman Pretorius wat luukses van miljoene rande aangeskaf het met niksvermoedende beleggers se geld, het haar “verlore” diamantring van R400 000 aan die likwidateurs van haar boedel oorhandig.

Susan-Ann Pretorius het tydens haar sekwestrasie-ondervraging op 15 Augustus in die Bellville-landdroshof eers volgehou dat die ring weg is.

Nadat sy in kennis gestel is dat die tronk haar voorland kan wees as sy uitgevang word dat sy meineed pleeg, het Susan-Ann erken dat sy die ring met ’n diamant van 3,2 karaat het.

Dit was nadat sy aangevoer het dat die ring weggeraak het in Hermanus, waar die gesin ’n vakansiehuis gehad het.

Sy is tydens die sekwestrasie-ondervraging gevra om die ring en ander duur juwele aan die likwidateurs te oorhandig, wat sy sedertdien gedoen het.

Die juwele sluit twee horlosies in – ’n “goedkoper” Rolex van R36 400, asook ’n diamant-versierde Cartier-horlosie van R170 000 wat Preto­rius vir haar gekoop het.

Susan-Ann het eers ontken dat sy enigiets van dié horlosies weet.

Verder het sy ’n Tag Heuer-horlosie en twee deftige handsakke, ’n Tod’s en ’n Louis Vuitton, aan die likwidateurs oorhandig.

Susan-Ann en haar regsverteenwoordiger, Etienne Naude, is in Augustus deur adv. Almero de Villiers (vir die kurators) gevra oor sekere doku-mente, soos byvoorbeeld bankstate, wat hulle toe reeds ingevolge ’n dagvaarding moes oorhandig het.

Nóg Naude, nóg Susan-Ann het die dokumente oorhandig, en is beveel om dit teen vandag te doen wanneer die volgende ondervraging plaasvind.

De Villiers is bygestaan deur Pierre du Toit van Mostert en Bosman.

‘Watter geheime draaie ry hy?’

19 Aug

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 19 August 2014

KAAPSTAD. – Watter geheime draaie het wyle Herman Pretorius gery voor hy op 26 Julie 2012 eers sy voormalige sakevennoot en daarna homself in die Kaapse middestad geskiet het?

Dít is een van die tergende vrae wat ontstaan het toe Susan-Ann Pretorius, weduwee van Pretorius, Vrydag deur die kurators van haar gesekwestreerde boedel in die Bellville-landdroshof ondervra is.

Op vrae hoe sy deesdae geldelik oor die weg kom, het sy geantwoord dat haar swaer maandeliks R30 000 aan haar gee.

Susan-Ann het Vrydag getuig dat die dag waarop haar man gesterf het, hy aan haar swaer gesê het indien daar iets met hom gebeur, moet die swaer na Susan-Ann en die Pretorius-egpaar se twee seuns omsien.

Pretorius het die dag waarop hy sy eertydse sakevennoot, Julian Wil­liams, in sy kantoor in Kaapstad geskiet het, ’n vergadering met ondersoekers van die afdeling vir finansiële adviseurs en tussengangerdienste (Fais) in sy kantoor in die Tyger-Waterfront in Bellville gehad.

Pretorius het aangedui dat hy na die badkamer gaan, maar het in plaas daarvan weggery van sy kantoor.

Wat gebeur het in die tydperk tot hy Williams geskiet het, is onseker. Dit blyk wel uit Susan-Ann se getuienis dat hy ’n gesprek met haar swaer gehad het.

Sedert Pretorius se dood is ’n lewenspolis van R8 miljoen aan die Penta-trust uitbetaal, wat belê is en waaruit Susan-Ann nog nie geld gebruik het nie.

Op ’n vraag van adv. Almero de Villiers, wat namens die kurators van Preto­rius en Susan-Ann se trusts optree, of sy nie van die R8 miljoen gebruik nie, het Susan-Ann gesê sy kry R30 000 per maand van haar swaer.

Dit is onduidelik wat van Pretorius se testament geword het.

De Villiers het Susan-Ann Vrydag uitgevra of sy kort ná Pretorius se dood na die bank gegaan het om in die veiligheidskassies in ’n kluis na sy testament te gaan soek. Gevra of sy die testament daar gekry het, het sy “nee” geantwoord.

Makelaar moet sy Pretorius-miljoene terugbetaal

15 Aug

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 14 August 2014

KAAPSTAD. – Die makelaar Michal Calitz, wat beleggers gelok het om meer as R86 miljoen by die swendelaar Herman Pretorius te belê, moet miljoene rande aan kommissiegeld en ‘n “kontantgeskenk” terugbetaal.

Regter Monde Samela het in die Wes-Kaapse hooggeregshof uitspraak gelewer in ‘n aansoek deur die kurators van Pretorius se gesekwestreerde Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) en sy Seca-trust.

Die kurators het ‘n aansoek by die hooggeregshof ingedien dat Calitz R6,54 miljoen aan die RVAF en nagenoeg R380 000 aan die Seca-trust moet terugbetaal.

Verder is geëis dat Impact Finansiële Konsultante (’n beslote korporasie waarin Calitz ’n 80%-aandeel het) ook sowat R2,1 miljoen aan die twee trusts moet terugbetaal.

In die beëdigde verklaring van Lambertus von Wielligh Bester, een van die kurators, en hofdokumente wat in die aansoek ingedien is, word genoem dat Calitz tussen 28 Februarie 2005 en 31 Mei 2012 meer as R6 miljoen in betalings ontvang het uit die RVAF as wins of kommissie omdat hy beleggers na Pretorius verwys het.

Van die Seca-trust het hy R377 155 ontvang.

Pretorius het ook net minder as R1 miljoen aan Calitz geleen. Van dié geld is R750 000 aan Pretorius terugbetaal deur Calitz se kommissiegeld van die lening af te trek. Pretorius het die res, R250 000, as ‘n geskenk aan Calitz gegee en hy het dit aanvaar.

Die kurators het aangevoer die betalings was deel van ‘n onwettige beleggingskema, of Ponzi-skema.

Calitz het op sy beurt aangevoer dit is geld wat hy vir dienste wat gelewer is, betaal is en waarop hy belasting betaal het.

Samela het gelas Calitz moet die geld – met rente bygereken – terugbetaal.

Makelaar sê verlies is nie sy skuld nie

13 Aug

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 12 August 2014

KAAPSTAD. – Die rede waarom beleggers die geld verloor het wat hulle by die oorlede swendelaar Herman Pretorius belê het, was die gevolg van Pretorius se bedrog en “nie die optrede van ’n makelaar nie”.

Dít is die verweer van die makelaar Michal Calitz van Impact Financial Consultants teen wie die ombudsman vir finansiële adviseurs en tussengangers (Fais) die laaste tyd ’n rits besluite geneem het.

Die Fais-ombudsman het Calitz gelas om van sy kliënte se geld wat by Pretorius belê was, terug te betaal.

Calitz het aangedui dat hy dié beslissings gaan betwis. Hy sal dus geen geld in dié stadium terugbetaal nie.

Jean Kotzé, Calitz se prokureur van die prokureursfirma Laäs en Scholtz, het gister gesê ingevolge die regulasies van die Fais-ombudsman het Calitz 30 dae tyd nadat ’n beslissing gelewer is om aan te dui of hy appèl wil aanteken.

“Calitz voer aan dat daar geen kousale verband is tussen die skade wat beleggers gely het en sy optrede as makelaar nie. Dit was nie Calitz se toedoen nie, maar die gevolg van Pretorius se bedrog,” het Kotzé gesê.

“Die skade wat deur beleggers gely is, is ook nie die gevolg van professionele nalatigheid of Fais-regulasies waarby daar nie gehou is nie.”

Volgens Kotzé is daar van die kliënte wat klagtes by die Fais-ombudsman ingedien het wat steeds sy dienste as makelaar gebruik.

“Dit wys hulle besef die skade wat hulle gely het, is te wyte aan Pretorius se bedrog en nie Calitz se betrokkenheid nie.”

Die moontlikheid bestaan dat dié beleggers hoop dat Calitz se versekering die eise teen hom sal dek.

Beleggers het op advies van Calitz meer as R86 miljoen in Pretorius se skema belê.

Calitz het ook ’n aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof teengestaan waarin die kurators van Pretorius se gesekwestreerde Rela­tive Value Arbitrage Fund (RVAF)-trust en sy Seca-trust geëis het dat hy diensgeld wat aan hom betaal is, moet terugbetaal.

Die kurators het ’n aansoek by die hooggeregshof ingedien dat Calitz R6,54 miljoen aan die RVAF-trust en byna R380 000 aan die Seca-trust terugbetaal.

Calitz het op sy beurt aangevoer dat hy geregtig is op al die betalings aan hom. Volgens hom is dit geld wat in die normale verloop van sy sake met Pretorius se Abante-groep aan hom betaal is.

Regter Monde Samela het in Mei vanjaar uitspraak voorbehou.

Susan-Ann se huis van R13,3 m.

7 Aug

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 07 August 2014

Binneversiering alleen is etlike miljoene rand werd, meen kenner

KAAPSTAD. – “Projek Van De Graaf – Nuwe huis in Welgemoed”.

Dié droomhuis van Susan-Ann Pretorius in Welgemoed wat aanstaande week opgeveil word, het die tjeks laat loop na ’n internasionaal bekende argitek, ’n net so bekende binneversierder, en die meesterbouers wat die argitektoniese wonder gebou het.

Aan die meesterbouers Bos en Punt is tussen 23 Februarie 2005 en 25 Oktober dieselfde jaar nege tjeks uitgemaak met bedrae van tot R1,6 miljoen elk.

Die internasionale argitekfirma Stefan Antoni Olmesdahl Truen Architects (SAOTA) het die Welgemoed-gesinshuis vir wyle Herman Pretorius en sy vrou, Susan-Ann, ontwerp.

Hiervoor is nog tjeks uitgemaak – onder meer een vir R148 000.

Die binneversiering is behartig deur Antoni Associates.

Dit is onbekend wat die dubbel erf in Welgemoed oorspronklik gekos het alvorens die drieverdiepinghuis daarop gebou is.

Luidens hofstukke wat by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien is in die sekwestrasie aansoek teen Susan-Ann, is genoem in die tydperk van 23 Februarie 2005 tot 16 Januarie 2007 is R13,3 miljoen betaal aan die bouers en ontwerpers vir die projek.

Geld wat volgens die likwidateurs van Pretorius se besigheidstrusts as deel van ’n bedrogspul van beleggers se geld oorbetaal is om vir die Pretorius-gesin se luukse lewe te kan betaal.

’n Lys van 115 aankope vir die binneversiering van die huis is vantevore as deel van die aansoek by die hooggeregshof ingedien.

Met Susan-Ann se sekwestrasie is gelas dat sy uit die huis moet trek.

Sy het dit blykbaar Saterdag gedoen, ’n dag voor die huis Sondag as skouhuis oopgestel is vir belangstellende kopers.

Die huis is Sondag weer as skouhuis oop vir die publiek. Dit word op 15 Augustus met meubels en al op die plek opgeveil.

Wat sê ’n kenner:

Jacques Paulsen, van Paulsen Designs, se kommentaar nadat hy ’n paar foto’s van die huis gesien het:

  •  “Hierdie gesinswoning – met al sy luukse bykomstighede en binneversiering gedoen tot in die fynste besonderhede en gedetailleerde kontemporêre styl – is beslis met ’n baie fyn oog beplan . . .
  •  Tydloos, maar tog van pas sodat dit nege jaar later nog steeds kan kers vashou by die tipiese wonings van dieselfde kaliber aan die Atlantiese kus se eksklusiewe woonbuurte.
  •  Die argitektuur spreek vanself. Die vloei van die vertrekke verleen die idee dat hierdie huis ontwerp is met die oog om te onthaal en ook vir gesinsbyeenkomste.
  •  Die kuns is definitief en spesifiek beplan om die argitektuur te komplementeer.

Dit is ’n fyn balans waar die argitektuur en die binneversiering in perfekte harmonie is.

  •  Na my mening sal ’n huis van hierdie standaard se binne-ontwerp en -versiering in vandag se ekonomie jou in die omgewing van R3 miljoen tot R4 miljoen kos.”

(Dit sluit die struktuur, swembad, gimnasium, motorhuis met marmerteëls, ontwerpte tuin en goeie adres uit).

 

 

 

 

Beleggers bekyk Pretorius se huis

4 Aug

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 04 August 2014

Foto: liza van heerden

KAAPSTAD. – Die swembad is nou groen en die gras is lank, maar die miljoenêrshuis se motorhuis het steeds die marmer­teëls waarop wyle Herman Pretorius sy Aston Martin kon trek.

Die ontwerpershuis van Susan-Ann Pretorius in Welgemoed, wat met die geld gebou is van beleggers wat R2,2 miljard by Pretorius belê het, is gister vir die publiek oopgestel. Die huis word op 15 Augustus deur ClareMart opgeveil nadat Susan-Ann gesekwestreer is.

’n Egpaar wat R1,7 miljoen by Pretorius belê het, was van die mense wat na dié moderne huis kom kyk het.

“Dit is maar deel van ’n mens se manier om dinge te verwerk. Dit is regtig ’n hartseersaak en tragies dat jy mense met jou hele lewe vertrou en dan gebeur dít,” het een vrou gesê terwyl sy voor die groot elektroniese hekke gewag het vir die afslaers om ’n volgende groep mense in die huis toe te laat.

“ ’n Mens belê vir jou oudag, en dan is daar boggerol.”

Mense kon tussen 14:00 en 17:00 die miljoenêrshuis besigtig. Sommige mense agter in die ry het omgedraai toe die wind snerpend geraak het.

Die huis het drie vlakke met ’n uitsig oor Welgemoed. Selfs uit die bad in die hoofslaapkamer is daar ’n uitsig op die Bolandse berge.

In die gimnasium is daar verskeie hoogs elektroniese oefenmasjiene en die een muur is net spieëls. Daar is ’n platskerm-televisie teen ’n ander muur.

Die fliekkamer het losstaande leermeubels. Hier het daar gister ’n DVD van Tiger Woods gelê. In een van die twee motorhuise is verskeie gholfstelle. Vier stelle word saam met die huis en inhoud opgeveil.

Van die huisware wat Susan-Ann opgeëis het en nie op die veiling is nie, sluit in ’n marmerlessenaar, ’n driestuk-sitkamerstel, ’n 46-duim-platskermtelevisiestel, 12 eetkamerstoele, ’n cappuccino-maker, ’n dubbeldeur-yskas, ’n koningingrootte bed, wasmasjien en tuimeldroër in.

Die huis is ook volgende Sondag tussen 14:00 en 17:00 op skou voor dit later vandeesmaand opgeveil word.

 

Pretorius: Makelaar moet geld teruggee

10 Jul

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 10 Mei 2014

KAAPSTAD. – ’n Makelaar wat beleggers na wyle Herman Pretorius se beleggingskema gelok het, moet R500 000 plus rente terugbetaal aan een van dié beleggers.

Die ombudsman vir finansiële adviseurs en tussengangers (Fais), Noluntu Bam, het ’n bevel gemaak dat die makelaar van Bellville, Michal Calitz, en sy beslote korporasie, Impact Finansiële Konsultante, die R500 000 en rente van 15,5% per jaar moet terugbetaal.

Die klaer in die saak, Craig Inch, het jare lank pensioengeld bymekaargemaak en dit op Calitz se aanbeveling in Pretorius se Rela­tive Value Arbitrage Fund (RVAF) belê.

Inch se geld was vantevore in die geldmark belê en hy het dit nooit oorweeg om dit in ’n verskansingsfonds te belê nie.

Volgens Inch se weergawe in sy aansoek by Fais het Calitz hom verseker dat dit ’n stabiele fonds is en Inch se geld is op 30 Maart 2010 by RVAF inbetaal.

Hy wou op 26 Julie 2012 sy geld onttrek, maar het ’n dag later uitgevind dat Pretorius dood is.

Preto­rius het op 26 Julie 2010 selfmoord gepleeg nadat hy ’n oudkollega, Julian Williams, doodgeskiet het.

In die Fais-ombudsman se uitspraak word genoem dat Calitz aangevoer het dat hy nie verantwoordelikheid kan aanvaar vir wat blyk die “doelbewuste poging van een persoon was om beleggers te bedrieg nie”.

Verder word genoem dit is kommerwekkend dat Inch se geld reeds op 30 Maart 2010 in die RVAF Trust se bankrekening inbetaal is, terwyl ’n ooreenkoms daaroor eers op 7 April onderteken is. Die belegging is gemaak “voor enige dokumente onderteken is”.

Bam het verder gesê daar is geen bewyse deur Calitz gebied dat die ware risiko aan Inch verduidelik is nie.

“Nóg Pretorius nóg die RVAF was gelisensieer . . . Calitz moes geweet het dat die Fais-wetgewing nie nagekom is nie.”

Verder is daar geen behoorlike boekhouding of rekords deur Pretorius gehou nie. Dit is ’n belangrike kwessie wat Calitz nie kan verduidelik om te bewys dat hy ’n behoorlike ondersoek na die RVAF se sake gedoen het nie.

“Dit is duidelik dat Calitz blindelings aanvaar het wat aan hom gesê is oor die RVAF, want hy het beslis nooit die moeite gedoen om navraag te doen oor die finansiële state wat nooit bestaan het nie,” lui Bam se uitspraak.

Pretorius se vrou moet uit spoghuis trek

8 May

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 08 Mei 2014

KAAPSTAD. – Susan-Ann Pretorius, weduwee van die swendelaar Herman Pretorius, sal met net basiese meubels en toerusting, soos haar bed en ’n yskas, uit haar miljoenêrshuis in Welgemoed moet trek.

Haar laaste poging in die regsproses om ’n bevel van finale sekwestrasie teen haar te betwis – haar aansoek om verlof tot appèl in die appèlhof in Bloemfontein – is van die hand gewys.

Met elke moontlike regsproses wat nou uitgeput is, sal ’n kennisgewing binne enkele dae aan Pretorius beteken word met die datum wanneer sy uit die huis moet wees.

Die aansoek om haar finaal te sekwestreer is verlede jaar in die Wes-Kaapse hooggeregshof deur die kurators van Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) Trust en die Seca Trust ingedien.

Die kurators het aangevoer sy het gebaat by meer as R17 miljoen se betalings uit die rekenings van dié trusts.

Sy is op 21 Oktober finaal gesekwestreer.

Pretorius het hierna elke moontlike regsproses gevolg om die finale bevel, wat deur waarnemende regter Wilhelm van Staden gemaak is, teen te staan en sy kon sedertdien in die spoghuis aanbly.

Pierre du Toit van Mostert en Bosman, regsverteenwoordiger van die kurators, het gister bevestig dat ’n hofbevel op 22 April in die appèlhof gemaak is en dat ­Pretorius se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys is.

Nou moet sy trek.

“Al die meubels moet in die huis agtergelaat word. Susan-Ann sal basiese huisware, soos haar bed en ’n yskas, mag saamneem,” het Du Toit gesê.

Hierna sal die kurators besluit of die spoghuis en meubels deur ’n eiendomsagent bemark kan word en of dit op ’n openbare veiling verkoop sal word.

Kurators sal Pretorius ook verder ondervra in ’n poging om nog bates te probeer opspoor.

Sy sal die geleentheid kry om presies te verduidelik wat op haar bankstate aangaan, en waarvoor bepaalde betalings gemaak is waaroor die kurators moontlike vrae kan hê.

 

Lees Artikel in Die Burger

Belegger sterf aan hartaanval

2 May

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 02 Mei 2014

KAAPSTAD. – ’n Sewentigjarige belegger wat met wyle Herman Pretorius se bedrogspul al sy spaargeld vir mediese uitgawes verloor het, is oorlede kort voor hy vrae oor sy beleggings moes beantwoord.

Die likwidateurs van Preto­rius se Relative Value Arbi­trage Fund (RVAF) Trust en die Seca Trust is tans ingevolge regulasies van die Insolvensiewet met geheime ondervragings van beleggers besig.

Die seun van die man wat verlede week aan ’n hartaanval gesterf het, het vertel hoe sy pa die afgelope twee jaar gely het onder die wete dat al die geld wat hy vir hom en sy vrou se mediese onkostes op hul oudag gespaar het nou verlore is.

“Pretorius het soveel mense se lewe verwoes. Herman het alles wat my pa gehad het, gevat,” het die seun gister gesê. Die seun het gevra dat nóg sy naam nóg dié van sy pa gepubliseer word.

Die seun moes verlede week inderhaas van Pretoria na Kaapstad vlieg ná sy pa se hartaanval.

“Hierdie ou (Pretorius) het net soveel lewens verwoes. Die stres wat my pa die afgelope twee jaar gehad het, was geweldig. Dit het die hele tyd in sy kop gemaal dat hy dinge weer moet probeer regkry.”

Die oorledene se een groot vrees was dat daar op sy oudag nie genoeg geld sou wees vir die mediese onkostes van hom en sy vrou nie.

“My pa het 20 jaar lank dieselfde kar gery. Hy het geld by Pretorius belê om te spaar vir sy oudag. Hy was nie gierig nie.

“En só is daar mense in Riversdal en Riebeek-Kasteel . . . Dit is mense wie se hele lewe – soos my pa s’n – die afgelope twee jaar oorheers is deur stres. Dit is stres waarmee jy gaan slaap en opstaan. Dit gaan deur jou kop as jy eet of gaan stap.”

Pretorius, wat R2,2 miljard van beleggers ingevorder het in ’n piramideskema, het op 26 Julie 2012 ’n voormalige sakevennoot, Julian Williams, in die middestad van Kaapstad doodgeskiet en daarna selfmoord gepleeg.

In ’n kennisgewing aan beleggers waarin die redes vir die likwidateurs se insolvensie-ondersoek uiteengesit word, word genoem dat die Insolvensiewet daarvoor voorsiening maak dat enige persoon ondervra kan word wat moontlike inligting of dokumentasie het met betrekking tot die insolvente boedel wat ondersoek word.

Pretorius het, volgens die kennisgewing, nie behoorlik boekgehou nie en die likwidateurs beskou die geheime ondervraging van getuies as noodsaaklik om inligting te bekom

Lees Artikel in Die Burger

Britse hof oor Pretorius se geld genader

16 Mar

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 16 Maart 2014

KAAPSTAD. – Likwidateurs wat wyle Herman Pretorius se R2,2 miljard-bedrogspul ondersoek, gaan in die Britse howe aansoek doen om toegang tot sy bankbesonderhede daar te kry.

Dié stap is nodig om uit te vind waarheen onder meer R177 miljoen verdwyn het wat Pretorius vermoedelik in die buiteland versteek het.

Dié bedrag geld is in ’n Switserse bankrekening gedeponeer, maar wat Pretorius daarmee gemaak het, bly ’n raaisel.

Die eerste stap vir die likwidateurs is om ’n hofbevel te verkry wat toegang sal verseker tot ’n bankrekening wat Pretorius by die Britse HSBC-bank gehad het.

Volgens die jongste verslag wat die likwidateurs van Pretorius se gesekwestreerde besigheidsentiteite aan beleggers uitgestuur het, het HSBC tot nou toe geweier om die inligting bekend te maak sonder ’n hofbevel.

Met die hofbevel kan die trustees vasstel hoeveel geld in Pretorius se verskeie oorsese bankrekenings is, maar selfs belangriker nog sal die ondersoek kan voortgaan na watter rekening Pretorius geld verskuif het.

Intussen is ’n regsverteenwoordiger ook in Switserland aangestel om inligting te bekom oor Pretorius se bankrekeninge by Anker-bank in Zürich.

Pretorius het ’n maatskappy genaamd MAT Worldwide Beperk op 4 Januarie 2001 in die Britse Maagde-eilande geregis­treer en dit tot September 2009 – aldus die likwidateurs wat sy sake ondersoek – waarskynlik as ’n “front” gebruik as dié oorsese besigheid waarin hy plaaslike beleggers se geld bestuur het.

Maar ten spyte daarvan dat miljoene ponde deur die jare in MAT Worldwide se rekeninge inbetaal is, is daar blykbaar slegs £450 000 (R7,9 miljoen) van die R177 miljoen in die een bankrekening oor. Dit is luidens die likwidateurs se verslag.

) In ’n prokureursbrief deur Duvenage en De Villiers, van Wellington, wat einde 2012 aan HSBC gestuur is, word genoem dat “lede van Pretorius se familie, werknemers of persone wat lojaal aan hom was”, die dag ná Pretorius se afsterwe twee briewetasse uit sy kantore verwyder het. HSBC Bank is daarop bedag gemaak dat die briewetasse moontlik toegangskodes tot Pretorius se buitelandse bankrekeninge gehad het en dat banktransaksies wat ná sy dood op 26 Julie 2012 gedoen is, waarskynlik onwettig is.

Lees Artikel in Die Burger

Vrou gedwing om inligting te openbaar

24 Jan

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 24 Januarie 2014

KAAPSTAD. – Regstappe gaan teen Susan-Ann Pretorius, weduwee van die piramide-swendelaar Herman Pretorius, gedoen word om haar “te dwing” om inligting oor haar persoonlike rykdom te verskaf.

Dié stap gaan volg nadat Susan-Ann tot nou toe “geweier het” om met die kurators van Pretorius se Relative Value Arbi­trage Fund (RVAF) Trust en die Seca Trust saam te werk.

Pierre du Toit van Mostert en Bosman, regsverteenwoordiger van die kurators, het gister by navraag bevestig dat die volgende stap is om Susan-Ann “met regstappe te dwing om saam te werk”.

Intussen is Susan-Ann se aansoek om verlof tot appèl teen ’n vroeëre uitspraak waarin sy finaal gesekwestreer is van die hand gewys.

’n Aansoek om Susan-Ann te sekwestreer, is verlede jaar deur die trustees van Pretorius se RVAF- en Seca Trusts ingedien. Die trustees het aangevoer dat sy gebaat het by meer as R17 miljoen se betalings uit die rekenings van dié trusts.

Susan-Ann was deurgaans die geregistreerde eienaar van ’n huis in Welgemoed waarvoor daar binne twee jaar R13,3 miljoen aan bouers en binneversierders betaal is.

Sy het ’n aansoek om verlof tot appèl ingedien teen die uitspraak van waarnemende regter Wilhelm van Staden wat die finale sekwestrasiebevel toegestaan het.

Dit het beteken dat Susan-Ann se spoghuis nie opgeveil kon word tot die regsproses van haar aansoek om verlof tot appèl afgehandel is nie.

Die kurators het intussen steeds die reg gehad om Susan-Ann te ondervra.

Van Staden het gister uiteengesit waarom hy Susan-Ann se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys het.

Hy het daarop gewys dat Susan-Ann aangevoer het dat die bevel van voorlopige sekwestrasie nié aan haar werknemers of die Suid-Afrikaanse Inkomstediens bedien is nie. Rekords wys egter duidelik dat dit wel gedoen is.

Oor ’n tweede bewering deur Susan-Ann dat die hof gefouteer het deur nié ’n polis van R8 miljoen in ag te neem as deel van haar boedel nie, het Van Staden gesê sy kon versoek het om dié kwessie in ’n beëdigde verklaring te behandel (eerder as om dit in haar aansoek om verlof tot appèl te gebruik).

Dié geld is uitbetaal aan ’n familietrust van die Pretorius-familie, bekend as die Penta Trust, en kon volgens ’n beëdigde verklaring van haar prokureur nie bygereken word as ’n bate by Susan-Ann Pretorius se gesekwestreerde boedel nie.

Adv. John Suttner SC, vir Susan-Ann, het Saterdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangevoer dat sy nié insolvent is nie en dat sy die begunstigde is van die R8 miljoen-polis.

Sy het aangevoer dat sy, saam met ander bates soos haar huis in Welgemoed, genoegsame bates het om die eis van R17 miljoen teen haar te betaal.

Adv. Chris Eloff SC, bygestaan deur adv. Almero de Villiers, het namens die kurators opgetree.

Lees Artikel in Die Burger

Pretorius-weduwee verlof tot appèl geweier

23 Jan

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 23 Januarie 2014

KAAPSTAD. – Susan-Ann Pretorius – weduwee van Herman Pretorius wat R2,2 miljard se beleggingsgeld laat “verdwyn”het –  se aansoek om verlof tot appèl teen ’n vroeëre uitspraak waarin sy finaal gesekwestreer is, is geweier.

Waarnemende regter Wilhelm van Staden het sy besluit uiteengesit waarom hy Susan-Ann se aansoek geweier het. Hy het onder meer gesê Susan-Ann kon voor haar aansoek Saterdag, in ‘n beëdigde verklaring die kwessie van ‘n R8 miljoen-polis uitgeklaar het.

Susan-Ann se regsverteenwoordiger, Adv. John Suttner SC, het Saterdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangevoer sy is nié insolvent nie en dat sy die begunstigde is van ‘n polis wat na Pretorius se dood R8 miljoen uitbetaal het.  Sy het aangevoer dat, saam met ander bates soos haar huis in Welgemoed, sy genoegsame bates het om ’n eis van R17 miljoen teen haar te betaal.

Adv. Chris Eloff SC, bygestaan deur adv. Almero de Villiers, het namens die kurators van twee gesekwestreerde trusts van Pretorius, opgetree om Susan-Ann te laat sekwestreer.

Lees Artikel in Die Burger

Bates Wys ek is nie insolvent

20 Jan

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 20 Januarie 2014

 

Hof hoor sy het ondermeer £100 00 in ‘n Britse rekening, plus polisgeld.

 

Die trustees ban Pretorius se Relative Arbitrage Fund (RVAF) se Seca Trust het verlede jaar aansoek gedoen om Susan-Ann te sekwestreer. Die Trustees het aangevoer Susan-Ann meer as R17 miljoen terugbetaal aan die trusts omdat dit die beleggers se geld is wat R2,2 miljard in Pretorius se bedrogspul verloor het.

 

KAAPSTAD. – Susan-Ann Pretorius, weduwee van die swendelaar Herman Pretorius, se sy “het geld”.
Susan-Ann se van haar bates is ‘n bewys sy is nie insolvent nie. Dit sluit in £100 000 in ‘n Britse bankrekening, R8miljoen polis-geld wat na Pretorius se dood uitbetaal is, nog R400 000 in ‘n ander rekening asook haar huis van miljoene rande.
Sy het Saterdag om verlof tot appel aansoek gedoen teen ‘n vroeere uitspraak waarin sy flinaal gesekwestreer is. Sy voer aan sy het wel genoeg bates om ‘n eis van R17miljoen teen haai te kan betaal.
Adv. John Suttner SC, vir Susan-Ann, het gevra dat ‘n opmerking van haar prokureur – en wat in hofstukke ingedien is R8miljoen polisgeld nie ‘n persoonlike bate van haar is nie, nou deur die hof geignoreer moet word.
Hierop het waarnemende regter Wilhelm van Staden (wat diefinale sekwestrasiebevel toegestaan en Saterdag se aansoek om verlof tot appel daarteen aangehoor het) gevra hoe kan hy die kwessie ignoreer dat Susan-Ann se prokureur aangevoer het die R8 miljoen is nie haar eiendom nie.
“Se u nou dat die polisgeld nie in ‘n trust is waarvan sy die begunstigde is nie?” het Van Staden gevra.
Hierop het Suttner geantwoord hy se niks … en die R8 miljoen is nie die kwessie nie – daar is nog geldkwessies wat genoem moet word.
Suttner het hierna voortgegaan en gese Susan-Ann het ook £100 000 in n Britse bankrekening. Die ponde is “Rl,8 miljoen werd, miskien Rl,9 miljoen en dalk die volgende dag R2miljoen”. Dan is daar nog R463 000 in ‘n ander bankrekening.

Maar die groot probleem wat Susan-Ann het, is dat ‘n waardeerder wat haar spoghuis in Welgemoed waardeer het vir die doeleindes van die aansoek van sekwestrasie teen haar, dit bloot op sigwaarde gedoen en die waarde daarvan op R6,75 miljoen geraam het.
Suttner het gese die waardeerder het nie toegang tot die huis gehad nie en ook nie R13 miljoen se verbeterings aan die huis in ag geneem nie. Adv. Chris Eloff SC het namens die kurators aangevoer dit is verstommend dat Susan-Ann nou wil he dat die brief van haar prokureur oor die R8 miljoen-polisgeld geignoreer moet word – so sy se “daar is hierdie beedigde verklaring van my prokureur, maar ignoreer dit”.
Oor die waarde van Susan-Ann se huis het Eloff gevra waarom sy nie self aan die hof kom se wat die waarde daarvan is nie – “dalk is dit nou R20miljoen werd, maar Susan-Ann doen niks daarom trent nie”.
Van Staden het voorlopig uitspraak voorbehou en gese hy sal dit vandeesweek lewer.

 

 

Lees Artikel in Die Burger

Hy was slimste skelm, sê dominee

18 Jan

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 18 Januarie 2014

KAAPSTAD. – Die optrede van die weduwee van Herman Pretorius “kos beleggers baie geld”.

Só meen ’n afgetrede Wes-Kaapse predikant wat saam met sy vrou R2 miljoen by wyle Pretorius belê het.

Hy het gevra dat sy naam nie gepubliseer word nie, en het gesê hy het “ ’n lang pad met Pretorius saamgekom”, maar nooit besef dat daar fout met sy (Pretorius se) beleggingsfondse is nie.

Dié oudpredikant en sy vrou het al hul spaargeld by Pretorius belê.

Pretorius se weduwee, Susan-Ann Pretorius, wat op 21 Oktober verlede jaar finaal gesekwestreer is, gaan vandag dié sekwestrasiebevel in die Wes-Kaapse hooggeregshof betwis.

Maar vir die predikant-belegger is dit slegte nuus dat Susan-Ann nie met die kurators van Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) en Seca Trust saamwerk nie.

“Die hofsake kos baie geld, wat in werklikheid aan beleggers behoort,” het hy gesê. “Dit voel vir ons of die derde hond met die been gaan wegstap.”

Hy beskryf Pretorius as die “slimste skelm” wat nog geleef het.

“In die kontakte wat ons met Herman gehad het, het ons nooit ’n sprankie van twyfel ondervind nie, nooit probleme vermoed nie, nooit wantroue gekoester nie . . . Ons het hom ervaar as ’n gewone boermens soos onsself.”

Die oudpredikant was aktief deel van ’n forum vir beleggers wat ná Pretorius se dood gevorm is om hul beleggings te probeer terugkry.

Maar nou gaan hy en sy vrou vir eers net aan met leef. “ ’n Mens raak maar daaraan gewoond, en aanvaar dat jy nie meer die geld het nie.”

Hy glo egter dat daar nog geld vir die beleggers uit die boedel sal kom, maar is bekommerd dat die proses “so lank uitrek”.

In ’n stadium het hy die e-pos-adresse van 300 beleggers gehad wat oor-en-weer by mekaar raad gevra het oor wat om te doen.

“Die beleggers is van Bloemfontein, Pretoria, Doebai, Australië, die Swartland, Overberg . . .  tot by Riversdal.”

En oor die geskinder dat mense uit gierigheid by Pretorius belê het, het die emeritus-predikant gesê: “As daar mense is wat glo dit was as gevolg van gierigheid dat ons by Herman belê het, is hulle welkom – dis hul goeie reg om te dink en glo wat hulle wil. Ek het met ’n paar beleggers kontak gehad wat op die punt was om af te tree of reeds afgetree het en wat moes aanhou werk, of weer begin werk.”

 

Lees Artikel in Die Burger

Weduwee veg môre om weeldehuis te hou

17 Jan

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 17 Januarie 2014

 KAAPSTAD. – Die weduwee van die piramide-beleggingsmous Herman Pretorius klou verbete aan haar weelderige eiendom in Welgemoed, Bellville, vas.

Susan-Ann Pretorius, wat op 21 Oktober verlede jaar finaal in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesekwestreer is, betwis nou dié hofbevel.

In ’n ongewone stap ingevolge die toegewysde datums vir aansoeke en verhore in die Wes-Kaapse hooggeregshof sal Susan-Ann môre – op ’n Saterdag – die geleentheid kry om haar saak te stel. Dit is ’n datum waarop al die regslui beskikbaar sal wees.

Sy het ’n aansoek om verlof tot appèl ingedien teen die uitspraak van waarnemende regter Wilhelm van Staden wat die finale sekwestrasiebevel toegestaan het.

Susan-Ann se spoghuis in Welgemoed – met al die deftige ontwerpersmeubels daarin – kan intussen nie opgeveil of verkoop word nie, hoewel Van Staden in Oktober die finale sekwestrasiebevel toegestaan het.

Susan-Ann gaan, luidens haar kennisgewing vir die aansoek om verlof tot appèl, aanvoer dat Van Staden die verkeerde besluit geneem het deur te bevind dat sy insolvent is.

Sy meen die regter het verkeerdelik bevind dat sy nié die begunstigde is van ’n lewenspolis van R8 miljoen wat in Herman Pretorius se naam uitgeneem was nie. Volgens Susan-Ann sal sy ’n “surplus” van bates hê indien dié geld bygereken word, wat dus beteken dat sy nie insolvent is nie.

Die aansoek om Susan-Ann te sekwestreer, is verlede jaar deur die trustees van Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) en Seca Trust ingedien. Die trustees het aangevoer dat sy gebaat het by meer as R17 miljoen se betalings uit die rekenings van dié trusts.

Susan-Ann was te alle tye die geregistreerde eienaar van die eiendom in Van de Graaffstraat in Welgemoed. Vir dié eiendom is daar binne twee jaar R13,3 miljoen aan bouers en binneversierders betaal.

’n Lys van altesaam 115 aankope vir die binneversiering van die huis in Welgemoed is vantevore as deel van die aansoek om sekwestrasie by die hooggeregshof ingedien.

Dit sluit in ’n sitkamerbank van R59 353, nóg een van R33 375 en ’n koffietafel van R17 800 vir een van die sitkamers van haar drieverdiepinghuis.

Nog ’n sitkamerbank vir die Pretorius-gesin se gesinskamer het R48 600 gekos. Twee eetkamertafels, een van R35 283 (vir ’n eetkamer) en ’n ander van R45 157 (vir ’n braaikamer), is ook op die lys van aankope.

Die trustees van Pretorius se RVAF en Seca Trust het in hul aansoek om sekwestrasie van Susan-Ann suksesvol aangevoer dat sy geen gronde gehad het om te beweer dat haar oorlede man se beleggingskema wettig was nie. Dus is sy nie geregtig op die geld wat sy van Pretorius gekry het nie.

Van die duurste artikels in dié huis in Welgemoed:

Sitkamerbank: R59 353

Koffietafel: R17 800

Eetkamertafel: R45 15 7

Lees Artikel in Die Burger

‘Kommissie’ teruggeëis

11 Dec

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 11 December 2013

            Net R469 000 was ‘egte wins’

             KAAPSTAD. – Herman Pretorius het R1 miljoen aan ’n makelaar geleen met slegs ’n handdruk om dié transaksie te beklink.
Boonop het Pretorius later R250 000 van dié R1 miljoen-lening aan die makelaar, Michal Calitz, gegee – ’n geskenk wat hy met nog ’n handdruk as afgehandel beskou het.En volgens ’n transkripsie van getuienis wat in ’n sekwestrasie-ondervraging deur Calitz gelewer is, het Pretorius gesê: “Ek sê vir jou ek het soveel geld gemaak . . . ek betaal vir jou ’n miljoen rand oor . . . dan kan jy dit weer vergoed vir my later (sic).”Dié inligting is vervat in ’n beëdigde verklaring van Lambertus von Wielligh Bester, een van die kurators van Pretorius se Rela­tive Value Arbitrage Fund.

Bester se verklaring is deel van ’n aansoek wat gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof teen Calitz ingedien is om miljoene rande “kommissie” wat Pretorius aan hom betaal het, te verhaal.

Luidens die transkripsie van Calitz se ondervraging deur die kurators het hy Pretorius só beskryf: “Herman was een van daai mense . . . en agterna kom ons dit agter . . . wat hand geskud het en niks was op papier nie . . .”

Bester het in sy verklaring aangevoer dat Pretorius se Ponzi-skema ongetwyfeld een van die grootste skelmstreke van sy soort tot nog toe in Suid-Afrika was.

Die ondersoeke wat tot nou deur die kurators en ouditeurs gedoen is, het gewys dat die meeste van die beleggers boere of plattelandse inwoners is.

Bester het gesê Calitz se regsverteenwoordiger het bevestig dat beleggers verskeie klagtes teen Calitz en Impact Finansiële Konsultante by die Ombudsman van Finansiële Diensverskaffers ingedien het. Die Finansiële Diensteraad ondersoek ook Calitz en ander makelaars.

Bester voer aan dat Pretorius, ten einde te verseker dat makelaars “geesdriftig” bly en daar ’n gereelde kapitaalstroom van beleggers inkom, “kommissies of winsdeling” van tussen 5% en 7,5% van die beleggingsbedrae aan hulle betaal het. Makelaars het hul wins ontvang die oomblik wat beleggers se geld inbetaal is.

Ekstra “administratiewe fooie” is ook aan makelaars betaal.

Terwyl beleggers meer as R2,2 miljard aan Pretorius toevertrou en hy deurentyd “opbrengste” van tussen 14% en 25% per jaar op die beleggings verseker het, het die hele beleggingskema oor al die jare nie meer as R469 000 egte wins gemaak nie.

Daar word nou van Calitz en Impact Finansiële Konsultante (’n beslote korporasie waarin Calitz ’n 80%-aandeel het) verskeie bedrae aan “kommissiegelde” teruggeëis. Dit wissel van R489 000 tot R2,45 miljoen en R3,6 miljoen.

Die aansoek is tot 6 Mei uitgestel.

Lees Artikel in Die Burger

Makelaar vandag in hof gepak

10 Dec

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 10 December 2013

KAAPSTAD. – ’n Makelaar wat beleggers na Herman Pretorius se beleggingskema verwys het, word vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gepak oor die terugbetaling van miljoene rande se kommissie.Een van die kurators van Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund (RVAF), Lambertus von Wielligh Bester, dien vandag ’n aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof in teen Michal Calitz om kommisie terug te betaal.

Bester het by navraag gesê die regstap teen Calitz is die “eerste van vele” om kommissie te probeer verhaal van die makelaars wat beleggers na Pretorius se skema verwys het.

’n Ondersoek na die kommissie wat aan makelaars betaal is, is “die aspek waaraan ouditeure nou aandag gee”, het Bester gesê. “Die makelaars word nou een vir een nagegaan.

Calitz se prokureur, Jean Kotze (van Laäs en Scholtz Prokureurs), het gesê Calitz gaan vandag die aansoek in die hooggeregshof teenstaan.

“Calitz staan dit teen en ontken aanspreeklikheid vir die bedrag geld wat van hom geëis word.”

Volgens Kotze is Calitz, soos die duisende beleggers wat by Pretorius belê het, “ook deur Pretorius bedrieg” en het hy nie geweet waarmee Pretorius besig was nie.

Calitz is vroeër vanjaar deur die likwidateurs van Pretorius se RVAF Trust ondervra as deel van hul likwidasie-ondersoek.

Die Burger het vantevore berig ’n verslag is daarna deur die likwidateurs by die meester van die hooggeregshof ingedien waarin gesê is dat Calitz ’n kommissie van meer as R15 miljoen ontvang het.

Calitz het hierop beswaar teen die likwidateurs se verslag by die meester van die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien en aangevoer dat die bedrag aansienlik minder is.

R8,44 miljoen

Die likwidateurs het geantwoord dat dit nie die bedoeling van die verslag was nie, en het dit op rekord gestel dat Calitz in sy ondervraging te kenne gegee het dat hy ’n bedrag van sowat R8,44 miljoen van Pretorius ontvang het.

Dié bedrag sluit enige moontlike betalings uit wat verband hou met beleggings in entiteite soos SA Superalloys, Lehumo en Wesizwe.

Dit is nog onduidelik hoeveel die likwidateurs van Calitz eis omdat die aansoek hieroor volgens die hofrol eers vandag deur ’n regter aangehoor sal word.

Lees Artikel in Die Burger

Makelaars in skema ondersoek

27 Nov

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 29 November 2013

KAAPSTAD. – Finansiële raadgewers wat “minstens R100 miljoen” kommissie gemaak het uit beleggers in Herman Pretorius se piramideskema, word ondersoek.Die Finansiële Beplanningsinstituut (FPI) het heelparty klagtes ontvang en doen dissiplinêre ondersoeke na dié makelaars, wat by die instituut geregistreer is.Adv. Jacqui Grovè, hoof van regsdienste van die FPI, het gister gesê die ondersoek gaan voort.

“Ons het al redelik inligting bekom, maar aangesien die tipe oortredings as baie ernstig beskou word, wil ons seker maak ons maak behoorlik werk van die klagtes en ondersoeke,” het Grovè gesê.

Ingevolge die FPI se dissiplinêre regulasies sal die uitslag van verhore oor die makelaars gepubliseer word.

Die FPI kan egter geen inligting bekend maak alvorens die proses afgehandel is nie.

Grovè het gesê die FPI het heelparty klagtes ontvang, maar het die meerderheid van die klaers na die ombudsman verwys, aangesien die FPI se jurisdiksie om klagtes te ondersoek, beperk is tot FPI-lede.

Luidens die jongste verslag van die kuratore van Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) is minstens R100 miljoen as kommissie aan makelaars betaal.

Die kurators, Rynette Pieters en Bessie Bester, het in hul verslag gesê verskeie mense is reeds gedagvaar vir ondervraging.

Die kurators volg inligting oor die mense en instansies op waarheen beleggers se geld “gevloei” het en elke transaksie word ondersoek in ’n poging om geld vir die beleggers te herwin.

Een van die kurators se eerste doelwitte is om geld wat in oorsese rekeninge is, na Suid-Afrika terug te bring. Bankstate word ook nagegaan om die geld wat uit dié oorsese rekeninge uitbetaal is, na te spoor.

Pieters het gesê sover die kurators weet, “word al die geld by finansiële instellings in Engeland bewaar”.

Daar word ook ’n prokureur in Switserland aangestel wat sal probeer om die state van bankrekenings in dié land te bekom.

Die kurators het in Oktober by die Wes-Kaapse hooggeregshof aansoek gedoen om die sperdatum vir ’n eerste likwidasierekening uit te stel. Dié rekening moes op 30 Oktober gelewer word.

Pretorius het nie behoorlik boekgehou van die RVAF en ander beleggingsrekeninge se transaksies nie. Dit blyk dat Pretorius bloot die een beleggingsentiteit gesluit en dan ’n volgende begin het.

Hy het geld van die een na die ander oorgeplaas en dan voortgegaan om nuwe beleggers te lok.

Lees Artikel in Die Burger

Polis mag nie skuld delg van weduwee

23 Oct

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 23 Oktober 2013

Welgemoed

Welgemoed

KAAPSTAD. – ’n Lewenspolis van R8 miljoen wat aan ’n familietrust van wyle Herman Pretorius uitbetaal is, kan nié deur kurators gebruik word om sy weduwee, Susan-Ann, se skuld te delg nie.

Dié geld is uitbetaal aan ’n familietrust van die Pretorius-familie, bekend as die Penta Trust, en kan nie bygereken word as ’n bate by Susan-Ann Pretorius se gesekwestreerde boedel nie.

Die kurators van Herman Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) Trust en die Seca Trust se aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof om Susan-Ann Pretorius te sekwestreer, het wel geslaag, maar hulle kan nie aan die R8 miljoen raak nie.

Waarnemende regter Wilhelm van Staden, wat Maandag ’n aansoek om die finale sekwestrasie van Susan-Ann Pretorius in die Wes-Kaapse hooggeregshof toegestaan het, het gister die redes vir sy bevel gegee en gesê haar skuld beloop meer as R17 miljoen.

Die waarde van haar huis in Van de Graaffstraat, Welgemoed, die enigste merkbare bate in haar boedel, is op R6,75 miljoen geskat.

Van Staden het in sy bevel uitgewys dat Susan-Ann Pretorius nie die begunstigde van die lewenspolis is nie.

Haar regsverteenwoordiger, Etienne Naude, het dit in ’n beëdigde verklaring bevestig.

Pierre du Toit van Mostert en Bosman, regsverteenwoordiger van die kurators, het gesê selfs al doen Susan-Ann Pretorius nou aansoek om teen die sekwestrasiebevel te appelleer, word ’n kurator steeds aangestel om haar boedel te ondersoek.

 

Lees Artikel in Die Burger

Pretorius-eiendomme opgeveil

22 Oct

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Susan nn


Een van twee lyste van betalings wat in hofdokumente ingesluit is in die aansoek om sekwestrasie van Susan-Ann Pretorius. Dié bedrae is uit die Seca Trust betaal.
Die huis in Welgemoed wat in Susan-Ann Pretorius se naam geregistreer is, moet nou verkoop word nadat sy finaal in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesekwestreer is. Foto: yunus mohamed

KAAPSTAD. – Die glaspaleis in Welgemoed wat die piramide-beleggingsmous Herman Pretorius met tjeks van miljoene rande vir sy vrou, Susan-Ann, gebou het, gaan opgeveil word.

Susan-Ann Pretorius is gister finaal in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesekwestreer.

Dit beteken dat die huis in Welgemoed, al die flambojante meubels, asook van haar ander eiendom, verkoop gaan word.

Waarnemende regter Wilhelm van Staden het beveel dat die aansoek om ’n finale sekwestrasiebevel toegestaan word. Hy het aangedui dat hy vandag die redes vir die bevel sal gee.

Die aansoek is deur Susan-Ann Pretorius teengestaan.

Die eerste applikant in die aansoek, die likwidateur Lambertus von Wielligh Bester, het gesê al die eiendom wat in Susan-Ann Pretorius se boedel is, sal nou verkoop word sodat skuldeisers betaal kan word.

Luidens hofdokumente wat in die aansoek om voorlopige sekwestrasie ingedien is, het Bester aangevoer dat Susan-Ann Pretorius geen gronde het om aan te voer dat haar oorlede man se beleggingskema wettig was nie. Dus is sy nie geregtig op die geld wat sy van Pretorius gekry het nie.

Susan-Ann Pretorius was te alle tye die geregistreerde eienaar van die eiendom in Van de Graaffstraat in Welgemoed. Vir dié eiendom is daar binne twee jaar R13,3 miljoen betaal aan bouers en binneversierders.

Altesaam 11 bedrae wat aan Bos & Punt-bouers betaal is vir bouwerk aan die eiendom in Welgemoed wissel van R34 200 tot R1,6 miljoen elk.

’n Lys van altesaam 115 aankope vir die binneversiering van die Welgemoed-huis is ook in die aansoek by die hooggeregshof ingedien.

Twee lyste van betalings wat uit Pretorius se Seca Trust aan Susan-Ann Pretorius gemaak is, wys dat daar van 6 Mei 2004 tot 25 Julie 2012 minstens 26 keer geld oorbetaal is. Die bedrae wissel van R100 000 tot R300 000.

Op 21 Januarie 2008 en weer op 21 Maart dieselfde jaar is bedrae van R300 000 elk uit die Seca Trust aan “SAP (SA Pretorius) betaal”.

Verder is daar uit Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) Trust R4,18 miljoen ten gunste van Susan-Ann Pretorius betaal, luidens die hofdokumente.

Herman Pretorius, wat R2,2 miljard van beleggers ingevorder het in ’n belegging-piramideskema, het op 26 Julie verlede jaar ’n voormalige sakevennoot, Julian Williams, in die middestad van Kaapstad doodgeskiet en daarna selfmoord gepleeg.

Lees Artikel in Die Burger

Pretorius-weduwee voorlopig gesekwestreer

17 Sep

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 17 September 2013

KAAPSTAD. – Susan-Ann Pretorius, weduwee van die piramide-beleggingsmous Herman Pretorius, is voorlopig gesekwestreer.

Regter André Blignaut het gister die bevel van voorlopige sekwestrasie uitgevaardig nadat Susan-Ann Pretorius ’n aansoek om sekwestrasie in die Wes-Kaapse hooggeregshof teengestaan het.

Blignaut het bevind Susan-Ann Pretorius was, ondanks ’n “magdom dokumentasie” wat haar met betalings in haar guns verbind, nie bereid “om selfs een” te erken nie. “Terselfdertyd ontken sy ook nie dat sy dit (die betalings) ontvang het nie.”

Die regter het gesê hy stem saam met die regspan van die kurators van wyle Herman Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) en die Seca Trust dat Susan-Ann Pretorius “ontwykend” is.

’n Forensiese ondersoek het getoon dat R17,7 miljoen regstreeks aan of namens haar betaal is.

Sy was die geregistreerde eienaar van ’n eiendom, Van de Graaffstraat 26 in Welgemoed, waarvoor daar tussen 23 Februarie 2005 en 16 Januarie 2007 R13,3 miljoen betaal is aan bouers en binnehuisversierders.

Die eerste applikant teen haar, die likwidateur Lambertus von Wielligh Bester, het aangevoer ’n eis van R107 miljoen teen haar is geregverdig omdat sy haar plig as ’n trustee van die Seca Trust versuim het. Bester voer aan ongeveer R130 miljoen van beleggers se geld is deur Pretorius uit die RVAF-bankrekening na die Seca Trust oorgeplaas.

Verder is daar uit die RVAF Trust R4,18 miljoen ten gunste van Susan-Ann Pretorius betaal. Hiervan is R900 000 in haar verbandrekening betaal. Op 31 Mei 2011 is ’n bedrag van R350 000 in haar Nedbank-rekening gestort.

Blignaut het in sy beslissing uitgewys hoewel elke betaling ondersteun is deur dokumentasie wat Susan-Ann Pretorius met die RVAF en Seca Trusts verbind, haar verweer was dat die applikante nie bewyse daarvan gelewer het nie.

Volgens Blignaut is daar wel bewyse dat die betalings van die onderskeie trusts aan of namens Susan-Ann Pretorius gemaak is.

“Daar is ook rede om te glo dat haar sekwestrasie tot voordeel van haar krediteure sal wees,” het Blignaut in sy uitspraak gesê.

Die aansoek is tot 14 Oktober uitgestel as deel van die proses van ’n bevel vir finale sekwestrasie.

 

Lees Artikel in Die Burger

Pretorius moet sê oor interdik

21 Aug

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 21 Augustus 2013

KAAPSTAD. – Het Herman Pretorius se weduwee geweet dat ’n interdik verontagsaam word toe miljoene rande se aandele ná haar man se dood verkwansel is om haar eie regskostes te betaal?

Dit is die vraag wat Susan-Ann Pretorius moet beantwoord wanneer sy vandag ’n sekwestrasie-aansoek teen haar in die Wes-Kaapse hooggeregshof beveg. Haar regspan kan dalk lig werp oor die bewering dat ’n groot getal Wesizwe-aandele verkoop is ten spyte daarvan dat dit strydig kon wees met ’n hofbevel.

Lambertus von Wielligh Bester van Progressive Administration, ’n mede-kurator van Pretorius se beleggingstrust (Relative Value Arbitrage Fund), voer in ’n beëdigde verklaring aan dat aandele verkoop is nadat ’n interdik op 9 Oktober verlede jaar verkry is wat Susan-Ann verhinder om enige bates te vervreem.

Maar Susan-Ann voer in haar beëdigde verklaring aan dat die opbrengste uit die verkoop ………

Continue reading this article

Als donasies, sê weduwee

20 Aug
Welgemoed

Welgemoed

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 20 Augustus 2013

KAAPSTAD. – Die weduwee van die piramide-beleggingsmous Herman Pretorius gaan môre aan die hof verduidelik waarom sy nie gesekwestreer moet word nie.

Susan-Ann Pretorius beveg ’n sekwestrasie-aansoek teen haar en voer aan sy was bloot ’n huisvrou wat “donasies” ontvang het van haar “eertydse suksesvolle sakeman-eggenoot”.

Lambertus von Wielligh Bester, likwidateur wat die sekwestrasie-aansoek teen Susan-Ann in die Wes-Kaapse hooggeregshof bring, meen egter sy het nie enige bewyse gelewer dat Pretorius ’n suksesvolle sakeman was nie.

“My oorlede man het voor 2004 suksesvolle besighede gehad wat ons, byvoorbeeld, daartoe in staat ………

Continue reading this article

Pretorius deel glo wins met makelaar

12 Jul

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 12 Julie 2013

KAAPSTAD. – Een van die mees vooraanstaande makelaars wat groot beleggers na wyle Herman Pretorius se beleggingskema gelok het, is met winsdeling daarvoor vergoed.

Dié miljoene rande wat Pretorius gebruik het om makelaars te betaal, word genoem in ’n verslag deur die gesamentlike trustees van Pretorius se Relative Arbitrage Fund en Seca Trusts nadat insolvensie-ondervragings gedoen is.

Die makelaar Michael Calitz, wat verskeie beleggers se geld by Pretorius belê het, het ’n deel van die wins ontvang wanneer hy beleggings van meer as R15 miljoen ………

Continue reading this article

Nóg ’n Pretorius-eiendom opgeveil

25 Jun

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 25 June 2013

KAAPSTAD. – Nóg een van die spoghuise wat wyle Herman Pretorius teen miljoene rande aangeskaf het, gaan opgeveil word.

Dié keer is dit die beginnershuis wat Pretorius vir R4,9 miljoen in Oranjezicht vir een van sy seuns gekoop het.

Die eiendom is deel van ’n woonkompleks wat deur die afslaer Aucor beskryf word as ’n dubbelverdieping-eenheid in ’n “luukse sekuriteitskompleks” met ’n “uitstekende uitsig” op Tafelberg.

Die eiendom word Donderdag om 11:00 opgeveil.

Die kantoorkompleks in die Tyger Waterfront waaruit ………

Continue reading this article

‘Susan Pretorius skuld ook miljoene’

13 Jun

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 13 June 2013

KAAPSTAD. – Susan Ann Pretorius was “uiters nalatig” as mede-trustee van een van haar oorlede man, Herman, se trusts en “skuld minstens R100 miljoen” aan beleggers.

Boonop is sy die eienaar van die gesin se spoghuis in Welgemoed waarvoor R13,3 miljoen van die beleggers vir die binnenshuise versiering en bouwerk gebruik is.

Dié aantyging van die aanspreeklikheid vir beleggers se geld word vervat in ’n aansoek om die sekwestrasie van Susan Ann Pretorius wat gister by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien is.

Vir “Projek: Van de Graaf 530” – soos wat die bou- en opsmukprojek van Susan Ann Pretorius se huis bekend gestaan het – is tjeks van tot R1 miljoen elk uitgeskryf.

Die binnenshuise mooimakery sluit in vier bedrae van R798 000, R323 000, R188 000 en R216 000 vir meubels. Die vensters is ………

Continue reading this article

Pretorius ‘belê net klein deel van geld’

13 Jun

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 13 June 2013

KAAPSTAD. – Wyle Herman Pretorius het die klein deel van beleggers se geld wat hy blykbaar wel belê het “teen groot verliese” rondgestrooi.

Meer inligting oor hoe Pretorius sy Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) bestuur het, is gister onthul in ’n sekwestrasie-aansoek wat in die Wes-Kaapse hooggeregshof teen sy weduwee, Susan Ann Pretorius, ingedien is.

Een van die likwidateurs en ’n mede-trustee van Pretorius se Seca Trust, Lambertus von Wielligh Bester, voer in ’n beëdigde verklaring aan Pretorius het slegs ’n “klein deel” van die beleggers se geld in geldige beleggingsmoontlikhede belê.

“Sommige” van dié beleggings het gemiddeld …….

Continue reading this article

Pretorius se weduwee staan sekwestrasie teen

12 Jun

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 12 June 2013

KAAPSTAD. – Die weduwee van Herman Pretorius word deur ’n aansoek om sekwestrasie in die gesig gestaar.
’n Aansoek om Susan Ann Pretorius voorlopig te sekwestreer is vir vandag op die hofrol van die Wes-Kaapse hooggeregshof geplaas as deel van regstappe deur die likwidateur Lambertus von Wielligh Bester.
Dit volg byna ’n jaar nadat Pretorius in Julie verlede jaar eers sy voormalige sakevennoot, Julian Williams, in Williams se kantoor in die middestad van Kaapstad doodgeskiet en daarna selfmoord gepleeg het deur homself ook te skiet.
Bester het gister bevestig dat hy die aansoek gaan indien en dat Susan Ann Pretorius aangedui het dat sy dit gaan teenstaan.
Bester, van Progressive Administration, is ’n medekurator van Pretorius se gelikwideerde beleggingstrust, Relative Value Arbitrage Fund (RVAF Trust), waarin ………

Continue reading this article

Pretorius se Tygerbergse kantore opgeveil

14 Apr

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 14 April 2013

KAAPSTAD. – Die kantoorkompleks in die Tygerberg waaruit wyle Herman Pretorius sy berugte beleggingskema bedryf het, word Vrydagoggend om 11:15 opgeveil.

Dié stap om Pretorius se kantore in die Tygerwaterfront in die noorde van Bellville op te veil, kom ’n paar dae nadat sy vakansiehuis op Hermanus verlede Vrydag vir R16,5miljoen opgeveil is.

Die kantoorkompleks is in die naam van een van Pretorius se maatskappye, Slipknot Investments 174, geregistreer. Pretorius was die enigste direkteur van Slipknot 174, en hy het sy sake só gereël dat sy besigheid, Abante Bestuursmaatskappy, die kantore in ’n onderlinge huurkontrak maandeliks teen R65000 …..

Continue reading this article

Pretorius-spoghuis haal R16,5 miljoen

12 Apr

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 12 April 2013

HERMANUS. – Die beleggingswendelaar Herman Pretorius se spog-vakansiehuis in Voëlklip, Hermanus is Vrydag op ‘n veiling vir R16.5 miljoen aan ‘n onbekende bieër verkoop.

Nagenoeg 200 belangstellendes het Vrydagoggend by die seefrontwoning in 10de Straat saamgedrom. Ofskoon heelwat van die mense bloot nuuskieriges was, het 35 vooraf geregistreer om te bie om die kans aan te gryp vir ‘n moontlike winskopie.

Enkele van die teenwoordiges was beleggers wat vroeër deur Pretorius ingeloop is. Hulle het kom kyk of daar enige van hul verlore …..

Continue reading this article

Goeie prys’ vir Pretorius-huis

12 Apr

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 12 April 2013

HERMANUS. – Wyle Herman Pretorius se luukse vakansiehuis hier in Voëlklip is gister teen ’n “goeie prys” opgeveil.

Neels Erasmus, die man wat bereid was om te bie tot ’n prys van R16,5miljoen, het sy wenkbroue gelig en geknik toe die bod toegestaan word.

Van die inhoud van die huis is deel van die kopie.

Erasmus wou nie met die media praat nie.

Die afslaer, Jonathan Smiedt, uitvoerende hoof van ClareMart, het gesê dit is ’n “lieflike huis” wat teen ’n goeie prys opgeveil is. “Hier gaan dit oor waar die huis geleë is.”

Die dag se gebeure het teen 11:30 in ’n besige gegons ontaard toe al hoe meer mense begin opdaag het by die vakansiehuis wat eens deel ……

Continue reading this article

Pretorius se ‘web van sake’ ontrafel

12 Apr

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 12 April 2013

KAAPSTAD. –Wyle Herman Pretorius het “beslis geld oorsee weggesteek”.

Pretorius, wie se spog-vakansiehuis op Hermanus vanmiddag opgeveil word, het nié net beleggers se geld gebruik om verskeie eiendomme te koop nie, maar hy het talle bankrekeninge oorsee gehad om geld in te versteek.

Só het Lambertus von Wielligh Bester van Progressive Administration, ’n mede-kurator van Pretorius se beleggingstrust (Relative Value Arbitrage Fund), gister gesê, en verduidelik dat geld oorsee in verskeie entiteite én Pretorius se eie naam belê is.

“Ons doen heelwat ondersoekwerk en gee aandag aan Pretorius se buitelandse bankrekeninge. Ons volg die geld tot in Europa.”

Bester het gesê die kurators is bewus van ’n “paar entiteite” in ander lande waarheen …..

Continue reading this article

Pretorius se huis op Voëlklip lok talle

8 Apr

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 08 April 2013

KAAPSTAD. – Wyle Herman Pretorius se luukse vakansiehuis op Hermanus het ’n “uitsonderlike groot hoeveelheid” nuuskieriges én voornemende kopers gelok wat oor dié duur drumpel gaan loer het.

Die hele kaboedel van die vakansiehuis in Voëlklip – wat die huis en aangrensende woonstel, hul inhoud en ’n nabygeleë erf insluit – word Vrydag deur ClareMart opgeveil.

Jonathan Smiedt, uitvoerende hoof van ClareMart, het gister gesê daar is groot belangstelling in die Pretorius-eiendom.

Die huis is die afgelope twee Sondae vir die publiek oopgesluit en 150 mense het hulself as belangstellendes in die eiendom kom registreer.

“Indien ’n mens in ag neem watter ……

Continue reading this article

Vakansiehuis gou opgeveil

7 Mar

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 19 February 2013

KAAPSTAD. – Die luukse vakansiehuis wat wyle Herman Pretorius op Hermanus laat bou het, word in April opgeveil.

Andrew Koch, uitvoerende direkteur van ClareMart, het gister gesê hy het ’n finale opdrag van die likwidateurs gekry en die huis word op 12 April opgeveil.

Die huis is die eiendom van een van Pretorius se maatskappye, Hentiq 1803, wat op 11 Desember finaal in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelikwideer is.

Pretorius het kort voor sy skietdood ……

Continue reading this article

‘Goeie prys’ vir Pretorius-huis

19 Feb

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 19 February 2013

KAAPSTAD. – Die luukse vakansiehuis wat wyle Herman Pretorius op Hermanus laat bou het, word in April opgeveil.

Andrew Koch, uitvoerende direkteur van ClareMart, het gister gesê hy het ’n finale opdrag van die likwidateurs gekry en die huis word op 12 April opgeveil.

Die huis is die eiendom van een van Pretorius se maatskappye, Hentiq 1803, wat op 11 Desember finaal in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelikwideer is.

Pretorius het kort voor sy skietdood ……

Continue reading this article

Weduwee het nie sê oor boedel

19 Feb

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 19 February 2013

KAAPSTAD. – Die weduwee van wyle Herman Pretorius se maande lange pogings om die bestuur van sy boedel te behou, is gestuit.

Regter Owen Rogers het gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelas dat Pretorius se boedel voorlopig gesekwestreer word.

Pretorius se weduwee, Susan Ann Pretorius, was tot gister die eksekuteur van haar man se boedel.

Sy het nou geen seggenskap meer oor die R1,7miljoen waarvoor ……

Continue reading this article

Pretorius ‘sal huis nie verkoop’

8 Feb

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 8 February 2013

KAAPSTAD. – Die weduwee van wyle Herman Pretorius het ingestem om nié hul spoghuis in Welgemoed te verkoop nie.

Susan Ann Pretorius, in wie se naam die huis in Van der Graafstraat in Welgemoed geregistreer is, het ingestem om voorlopig nie die eiendom te vervreem nie, waarna regter Lee Bozalek gister ’n bevel hieroor in die Wes-Kaapse hooggeregshof uitgereik het.

Luidens die hofbevel het die voorlopige kurators ……

Continue reading this article

Pretorius had spoggerige kantore

31 Jan

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 29 January 2013

KAAPSTAD. – Wyle Herman Pretorius se spoggerige kantore, toegerus met net die beste meubels, is nóg waardevolle eiendom wat op die lang lys bates van talle van sy maatskappye verskyn.

Een van Pretorius se maatskappye, Slipknot Investments 174, waarin agt kantooreenhede geregistreer is, is op 21 September verlede jaar voorlopig in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelikwideer.

Pretorius se Abante Groep is vanuit dié kantoorkompleks in die South Gate-kantoorpark in die Tygerwaterfront bedryf. Die maatskappy besit ook talle parkeerplekke in die kantoorkompleks.

’n Ondersoek wat in opdrag van die kurators van die RVAF Trust gedoen is, het gewys Pretorius het beleggers se geld gebruik om dié kantore te koop, waarna hy dit as die eiendom van Slipknot Investments geregistreer het. Pretorius was …….

Continue reading this article

Makelaars oor Pretorius bekyk

29 Jan

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 29 January 2013

KAAPSTAD. – Makelaars wat beleggers oortuig het om hul geld in wyle Herman Pretorius se beleggingskemas te “belê”, gaan deeglik ondersoek word.

Rynette Pieters, een van die kurators van Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund Trust (RVAF), het gister bevestig die kurators is besig om die “makelaarskwessie” te ondersoek.

Pieters wou nie in dié stadium meer inligting verskaf nie.

Pierre du Toit van Mostert & Bosman Prokureurs, wat die kurators met hul ondersoek help, het gesê die meeste beleggers het hul absolute vertroue …….

Continue reading this article

Eiendomme van R8m. gelikwideer

26 Jan

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 26 January 2013

KAAPSTAD. – Die twee ­huise wat Herman Pretorius teen meer as R8miljoen vir sy twee seuns ge­koop het, is nou uit hul hande.

Die finale likwidasiebevel teen die maatskappy in wie se naam die twee eiendomme in Oranjezicht en Claremont geregistreer is, RZT Zelpy 4005, is gister in die Wes-Kaapse hoog­geregs­hof deur waarnemen­de regter Owen Ro­gers toegestaan.

Dit het Pretorius slegs tien jaar – van 2002 tot sy selfmoord in Julie verlede jaar – geneem om sowat R2,2miljard van beleggers af te rokkel.

Bryan Shaw, een van die trus­tees …….

Continue reading this article

Pretorius-motor verkoop

19 Jan

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 19 January 2013

KAAPSTAD. – Wyle Herman Pretorius se windmaker Aston Martin-sportmotor is vir R1,7miljoen verkoop. Maar nou is die vraag of Pretorius se weduwee, Susan Ann, dié geld kan kry.

Sy het in Desember in ’n beëdigde verklaring genoem “die Aston Martin” is verkoop en dat die bedrag van R1,7miljoen mettertyd in die trustrekening van haar prokureur, Etienne Naude, inbetaal sal word.

Intussen is daar steeds ’n dispuut tussen haar en die eksekuteurs van Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund-trust (RVAF) oor Pretorius se boedel. Pretorius se weduwee is die eksekuteur van sy boedel en staan ’n aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof teen dat die boedel gesekwestreer word.

Die Aston Martin is per ooreenkoms tussen die kurators van die RVAF-trust en Susan Ann verkoop en die geld is in ’n trustrekening geplaas totdat die dispuut oor die eienaarskap van die R1,7miljoen opgelos is.

Die kurators wou by navraag nie kommentaar lewer oor enige dispuut met haar nie. Die aansoek vir die sekwestrasie van Pretorius se boedel word weer op 14 Februarie in die hooggeregshof aangehoor.

Susan Ann het verder in haar beëdigde verklaring bevestig dat sy kort ná Pretorius se dood £80000 (R1,1miljoen) uit sy persoonlike rekening by HSBC in Londen onttrek het.

Pretorius is op 26 Julie verlede jaar dood en die geld is van 1 Augustus af dag na dag uit die rekening onttrek.

Bedrae van £10000 (R141000) per dag is tussen 1 tot 8 Augustus …..

Continue reading this article

Swierbol se talle paleise

21 Nov

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 21 November 2012

KAAPSTAD. – Wyle Herman Pretorius het spoghuise en ander ­eiendom van R116
miljoen gehad én hy het voertuie vir R4,6 miljoen gekoop.

Hy het
klaarblyklik baie goed vir sy vrou en twee seuns gesorg en ’n
eiendomsportefeulje nagelaat waar die lede van sy gesin in die mees gegoede
buurte van Kaapstad woon.

Dié inligting van die eiendomme en voertuie is
vervat in ’n e-pos wat Pretorius op 2 Mei vanjaar aan Absa gestuur
het.

Die e-pos met ’n lys van tien ­eiendomme en ses voertuie maak deel
uit van die stapel dokumente wat die voorlopige likwidateurs van Pretorius se
maatskappye en trusts by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien het in die
aansoek om sy bates te bevries …….

Continue reading this article

Verskeie trusts begunstig sy gesin

21 Nov

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 21 November 2012

KAAPSTAD. – Wyle Herman Pretorius het oor die jare verskeie trusts gestig om homself, sy vrou, Susan Ann, en hul twee seuns, Christopher en Andrew, te begunstig.

Die inligting oor dié trusts is uiteengesit in ’n beëdigde verklaring van Rynette Pieters, een van die voorlopige kurators van Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund Trust (RVAF).

Dié trusts is:

Continue reading this article

Weduwee baklei vir ‘haar’ geld

20 Nov

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 20 November 2012

KAAPSTAD. – “Die kontant is myne en ek het die reg om dit terug te kry.”

Susan Ann Pretorius, weduwee van wyle Herman Pretorius, voer aan R55350 wat die balju op 28 September uit haar huis in Welgemoed verwyder het, dui nié op geheime bates nie en sy wil dit terughê.

Sy sê in hofstukke wat verlede week by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien is haar man het deurgaans in hul getroude lewe aansienlike hoeveelhede kontant in die huis gehou.

“Ek het dit gebruik, onder meer om ons huiswerker te betaal en ook vir ander huishoudelike uitgawes wat van tyd tot tyd opgeduik het.”

Daar is niks mee verkeerd dat sy kontant in die huis het nie. Die geld was in haar besit en behoort aan haar.

Sy noem ook dat sy ’n tuisteskepper is en 31 jaar met Preto­rius getroud was. Sy het sedert 1991 geen beroep beoefen nie.

Volgens haar was sy nie betrokke by die sakebelange van haar man nie. Hoewel sy ’n trustee van ’n aantal van sy trusts ……………

Continue reading this article

Spog-vakansiehuis ‘met beleggers se geld gebou’

9 Nov

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 9 November 2012

AAPSTAD. – Wyle Herman Pretorius se weduwee en twee seuns sal nié vanjaar vir die feestyd in die gesin se luukse vakansiehuis op Hermanus kan gaan ontspan nie.

Hentiq 1803, die maatskappy in wie se naam Pretorius die eiendom geregistreer het, is gister voorlopig in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelikwideer.

Dié spoghuis van minstens R30miljoen is spesiaal gebou vir Pretorius, sy weduwee, Susan Ann, en hul twee seuns, Andrew en Christopher, vir gebruik as vakansiehuis.

Pretorius het rojale betalings gemaak vir die spoghuis en in een geval, op 12 April 2006, ’n enkele tjek van R1,44miljoen aan die boukontrakteur uitgeskryf.

Die erf waarop die huis gebo ……………

Continue reading this article

‘Vreemde gebeure’ ná Pretorius se dood

23 Oct

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 23 October 2012

KAAPSTAD. – ’n Mengelmoes van vreemde gebeure wat mense na aan wyle Herman Pretorius betrek en wat sedert sy selfmoord op 26 Julie vanjaar ontvou het, het nou aan die lig gekom.

Rynette Pieters, ’n voorlopige kurator wat deur die Wes-Kaapse hooggeregshof aangestel is in die sekwestrasie-aansoeke van drie trusts van Pretorius, het in ’n beëdigde verklaring wat verlede week by die hooggeregshof ingedien is, gesê die gebeure wat onlangs onder haar aandag gebring is, sluit in: ………

Continue reading this article

Raadgewers word nou ondersoek

21 Sep

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 21 September 2012

KAAPSTAD. – Die optrede van finansiële raadgewers wat duisende beleggers oorgehaal het om in skemas van Herman Pretorius te belê, word ondersoek.

Marc Alves, senior bestuurder in die kantoor van die ombudsman vir finansiële diensteverskaffers, het by navraag bevestig dat dié kantoor klagtes van beleggers ontvang het.

Dié klagtes is ingedien teen talle finansiële raadgewers en handel spesifiek oor die advies wat hulle aan beleggers gegee het.

Die raadgewers word gereguleer ingevolge die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste, ook bekend as die Fais-wet.

Alves het gesê die ombudsman ondersoek nie Pretorius se spesifieke skemas nie.

“Ons kan slegs klagtes ondersoek wat mense indien oor die advies of diens wat ………

Continue reading this article

Dokters ‘moet aftrede uitstel’

20 Sep

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 20 September 2012

……… Vorster, finansiële raadgewer van Galileo Capital, het gisteroggend in Durbanville met ’n groep beleggers vergader en daarna gesê dit het hom opgeval dat daar mediese dokters rondom 60 jaar oud is wat gedink het hulle het “’n lekker neseier” opgebou met die doel om oor vyf tot sewe jaar af te tree.

Hulle sal dit nou moet uitstel, het hy aan die beleggers wat deur die finansiële raadgewer Simon Morton (direkteur van MyPinnacle- finansiële dienste in Durbanville) na Pretorius verwys is, gesê.

Morton bevind hom glo nou in Nieu-Seeland. Hy het sy kantoor en kliënte agtergelaat nadat dit op die lappe gekom het dat Pretorius se jare lange reëlmatige dividende-uitbetalings van tot 20% al die kenmerke van ’n piramideskema het.

Vorster het gesê die beleggers, onder wie senior  ………

Continue reading this article

‘Dié oues sal weer moet werk’

14 Sep

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published: 14 September  2012

KAAPSTAD. – Mense wat hul aftreegeld by Herman Pretorius belê het, sal selfs op die ouderdom van 70 weer moet gaan werk én planne moet maak om deur familie gehelp te word.

Theo Vorster van Galileo Capital het gister vertel van “hartseer- gevalle”. Hy het verlede week met beleggers vergader wat voorheen kliënte was van Simon Morton (direkteur van MyPinnacle- finansiële dienste in Durbanville) om hulle te help. Van hulle het in Pretorius se skemas belê.

Vorster het gewaarsku mense moet besef: “Ouma gaan oor twee ………..

Continue reading this article

Man vlug ná skema inplof

13 Sep

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 13 September 2012

KAAPSTAD. – ’n Makelaar van Durbanville wat glo tot R180 miljoen se beleggings
vir Herman Pretorius se geldmaakskemas gelok het, het glo uit vrees vir sy lewe
na Nieu-Seeland gevlug.

Simon Morton, direkteur van MyPinnacle finansiële
dienste, is in die laaste twee weke in die geselskap van mense wat hom moet
beskerm lughawe toe en landuit.

Dit het gevolg nadat hy in Suid-Afrika
met die dood gedreig is. Volgens Moneyweb het Morton vyf jaar gelede na
Nieu-Seeland geëmigreer ………

Continue reading this article

Pretorius ‘is met baie geheime graf toe’

4 Sep

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 04 September 2012

KAAPSTAD. – Herman Pretorius het ’n “piramideskema” bedryf wat bloot beleggers se rente en dividende met hul eie beleggingsgeld betaal het.

En hy is met baie geheime graf toe.

Rynette Pieters van Independent Trustees, een van die voorlopige likwidateurs van Pretorius se voorlopige gesekwestreerde Relative Value Arbitrage Fund (RVAF), het in ’n beëdigde verklaring gesê ’n mens kan uit die manier waarop Pretorius sake gedoen het, aflei dat hy ’n piramideskema bedryf het.

Volgens Pieters is daar omstandighede waar Pretorius ………

Continue reading this article

Hy skuld beleggers R3,1 miljard

29 Aug

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 29 August 2012

KAAPSTAD. – Wyle Herman Pretorius, die man wat R2,2 miljard van beleggers na eie wil gebruik het, het met ’n enkele betaling vir hom ’n spoggerige Aston Martin DBS van R1,7 mil-joen aangeskaf.

En waar eers vermoed is dat hy R1,8 miljard aan beleggers skuld, is dié bedrag volgens inligting wat kurators sedert sy dood bekom het nader aan R3,1 miljard.

Lambert von Wielligh Bester, een van drie voorlopige kurators van Pretorius se voorlopig gesekwestreerde Relative Value Arbitrage Fund (RVAF), voer in ’n beëdigde verklaring aan Pretorius het tot ………

Continue reading this article

‘Net sekere skuldeisers sal geld kry’

17 Aug

Author:  Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 1 7 August 2012

KAAPSTAD. – Al was daar enige van die R1,8 miljard oor wat wyle Herman Pretorius se beleggingsfonds aan mense skuld, sou dit nie outomaties aan beleggers uitbetaal kon word nie.

Rynette Pieters van Independent Trustees, een van die likwidateurs wat help om Pretorius se voorlopige gesekwestreerde Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) te bestuur, het gister gesê slegs bewese skuldeisers in ………………..

Lees Meer

Pretorius-beleggers ‘moet maar net bid’

15 Aug

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 15 August 2012

KAAPSTAD. – Al wat die duisende beleggers in wyle Herman Pretorius se beleggingsfonds kan doen, is “om nou maar net te bid”.

Leon Campher, uitvoerende hoof van die Vereniging vir Spaar en Beleggings in Suid-Afrika (Asisa), het gister gesê beleggers moet bid dat daar bates is sodat daar iets van hul geld oor is om dalk te kan eis.

Continue reading this article

Beleggers moes projekte sélf peil

14 Aug

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 14 August 2012

KAAPSTAD. – Beleggers wat gelok is na enige van wyle Herman Pretorius se “projekte” moes sélf ondersoek ingestel het na die verdienste daarvan, veral in gevalle waar hoër as normale opbrengste aangebied is.

Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) het in ’n verklaring gesê die verlies van so baie geld deur soveel beleggers is ’n “hartseer saak”, maar dit is ongelukkig nie iets waarvoor die RFD ………………….

Continue reading this article

Amper 7000 beleggers ly nou

9 Aug

Author:  Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published: 09 August  2012

KAAPSTAD. – Amper 7000 beleggers en hul gesinne ly – “makelaars kan nie net skotvry daarvan afkom nie”.

Só het Staal Burger, belegger in die gesneuwelde Realcor-eiendomsgroep, gister gesê en verwys na die duisende beleggers in Realcor, asook dié in die Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) wat wyle Herman Pretorius bestuur het.

Continue reading this article

Beleggers moet wag

7 Aug

Author:  Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published: 07 August  2012

KAAPSTAD. – Beleggers in wyle Herman Pretorius se gesekwestreerde beleggingstrust gaan nog lank moet wag voor hulle sal weet wat van hul beleggings van byna R2miljard geword het – en of hulle ooit weer enige sent daarvan sal sien.

Eduard Brand, wat saam met Pretorius ’n trustee van die Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) was, het gister sy stilte verbreek en ’n omsendbrief aan beleggers gestuur waarin hy noem dat die kurators se ondersoek na die finansiële posisie van die trust ’n “geruime tyd” sal duur.

Continue reading this article

 

Vennoot is spoorloos

6 Aug

Author:  Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published: 06 August  2012

KAAPSTAD. – Eduard Brand, die jare lange vennoot van wyle Herman Pretorius en midde die beleggingskandaal van R1,8miljard, kan nie deur beleggers bereik word nie.

Brand het verlede week in ’n beëdigde verklaring wat as deel van ’n sekwestrasie-aansoek van die Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) -trust by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien is, aangevoer hy weet bitter min van die trust se sake.

Continue reading this article

 

Duisende het geld belê

4 Aug

Herman Pretorius

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Publiched: 04 August 2012

KAAPSTAD. – Kurators is gister aangestel om beheer van sake van wyle Herman Pretorius se gesekwestreerde beleggingstrust oor te neem.

Lambert von Wielligh Bester, wat saam met Ry­nette Pieters van Independent Trustees as die hoofkurators aangestel is, het gister gesê hulle verneem daar is sowat 3000 mense wat geld in Preto­rius se beleggingstrust, Relative Value Arbitage Fund (RVAF), belê het.

“Ons moet nou beheer van die trust neem en die……….

Continue reading this article

Kurator moet R1,8 miljard soek

3 Aug

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Publiched: 03 August 2012

KAAPSTAD. – Die meester van die Wes-Kaapse hooggeregshof sal vandag ’n kurator aanwys wat moet vasstel wat geword het van R1,8miljard wat by wyle Herman Pretorius belê is.

Regter Burton Fourie het Woensdag beslis ’n kurator  ……..

Continue reading this article

Sakeman had ‘visioen’

2 Aug

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Publiched: 02 August 2012

KAAPSTAD. – Wyle Herman Pretorius, sakeman en baas van ’n beleggingsfonds waarin R1,8miljard soek is, het jare gelede aan sy predikant gesê hy het ’n toekomsvisioen gehad dat hy “baie mense gaan seermaak”.

Pretorius het vermoedelik verlede Donderdag in die Kaapse middestad selfmoord gepleeg nadat hy glo eers sy voormalige sakevennoot, Julian Williams, ………

Continue reading this article

Beleggers se R1,8 miljard skoonveld

1 Aug

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Publiched: 01 August 2012

KAAPSTAD. – ’n Volle R1,8miljard wat Wes-Kaapse beleggers by die miljoenêr-sakeman Herman Pretorius belê het, is skoonveld.

Dié geldskok is gister bekend gemaak in regsdokumente wat by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien is in ’n aansoek om Pretorius se beleggingstrust, Relative Value Arbitrage Fund (RVAF), te sekwestreer.

Pretorius word vandag uit die NG kerk Welgemoed begrawe nadat hy vermoedelik verlede Donderdag eers sy gewese sakevennoot Julian Williams doodgeskiet en daarna selfmoord gepleeg het.

Morné Strydom, ’n prokureur van Bellville wat R233106 by Pretorius belê het, het gister ter ondersteuning van sy sekwestrasie-aansoek in ’n beëdigde verklaring gesê ’n ondersoek moet gedoen word om te bepaal of die trust as ’n “sogenaamde piramideskema” bedryf is.

Lees Meer

Miljoenêr ondervra voor dood

31 Jul

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 2012-07-31

Inspekteurs van die Raad op Finansiële Dienste (RFD) het die sakeman Herman Pretorius oor sy werksmetodes ondervra minute voordat hy na die kantore van sy gewese sakevennoot, Julian Williams, gegaan en albei daarna in ’n skietery dood
is.
Gerry Anderson, adjunkregistrateur van die RFD, het gister bevestig dat hy inspekteurs gestuur het om Pretorius (55) te gaan
ondervra oor bewerings dat hy beleggings van lede van die publiek ingevorder het. Pretorius was nie as ’n finansiële diensteverskaffer by die RFD geregistreer nie.
“Die inspekteurs het Donderdag inligting van Pretorius gaan vra. Kort daarna het die skietvoorval plaasgevind,” het Anderson gesê.
Pretorius het ná sy gesprek met die inspekteurs vir Wil­liams (38) by die hoofkantoor van sy beleggingsmaatskappy, Basileus
Capital, in die middestad gaan besoek.
Drie skote is hier afgevuur en Williams is noodlottig gewond, waarna Pretorius homself glo in die kop geskiet het.
Lees Meer

Belegger se sake bekyk

30 Jul

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Publiched: 30 July  2012

Belegger se sake bekyk

KAAPSTAD. – Herman Pretorius, die sakeman van Welgemoed wat glo R40miljoen van sy eie geld gebruik het om beleggers se dividende-uitbetalings voor te skiet, het sy gewese sakevennoot Julian Williams se transaksies glo privaat laat ondersoek voordat albei in ’n skietery dood is.

Intussen is die polisie volgens ao. November Filander, polisiewoordvoerder, besig om te bepaal wie die sneller getrek het en wat die afstand tussen die twee mans was.

Albei is noodlottig gewond toe hulle in Williams se kantoor in die middestad van Kaapstad eers gestry en daarna in ’n skietery do

 

od is. Williams is in die nek en bors geskiet en Pretorius het vermoedelik selfmoord gepleeg deur hom in die kop te skiet.

Lees Meer