Tag Archives: Wilhelm Erwee

Regstappe kom teen makelaars

8 Apr

Author: Marelize Barnard

Publications: Die Burger

Date Published : 8 April 2015

Wes-Kaapse makelaars wat miljoene rande gemaak het deur beleggers na die Ponzi-skema van wyle Herman Preto­rius te lok, weier nou om hul kommissiegeld terug te betaal.

Die trustees van Pretorius se Rela­tive Arbitrage Fund (RVAF) en Seca Trust se volgende stap is om “een vir een op die ry af” die makelaars met regstappe te dwing om die geld terug te betaal, het Rynette Pieters van Independent Trustees Dinsdag gesê.

Intussen het die ombudsman vir finansiële adviseurs en tussengangers (Fais) Dinsdag die makelaars Simon Morton en Carol Louw, voorheen verbonde aan Catwalk Investments 592 met ’n besigheidsadres in Durbanville, beveel om R600 000 te betaal aan ’n belegger wat deur hul toedoen by die RVAF belê het.

Morton, wat ’n kantoor in Durbanville gehad het, het intussen na Auckland in Nieu-Seeland geëmigreer. Louw woon in Goedemoed.

Die klaer aan wie die geld terugbetaal moet word, Nigel Andrew Freddy, noem in die klag wat by Fais ingedien is dat hy R450 000 van sy R600 000-beleggingsgeld by Allan Grey wou belê, maar dat Morton hom anders oortuig het.

Noluntu Bam, ombudsman vir finansiële diensteverskaffers, het bevind dat Morton en Louw “blindelings” aanvaar het wat oor Pretorius se RVAF aan hulle vertel is. ’n Behoorlike ondersoek na die bestuur van die RVAF-beleggings is nie gedoen nie en albei het versuim om hul plig teenoor die belegger na te kom.

Bam het verder bevind dat die belegger nie ’n ingeligte keuse kon maak nie omdat dit nie aan hom genoem is dat sy geld belê sou word in ’n entiteit wat nie gereguleer of geregistreer was nie.

Morton en Louw het as “geregistreerde finansiële diensteverskaffers versuim om die Fais-wetgewing na te kom en kan nié die skuld vir die beleggingskeuse op die belegger plaas nie”, het Bam bevind.

Morton is een van die makelaars wat ook miljoene rande kommissie moet terugbetaal – tussen R8 miljoen en R10 miljoen.

Nog ’n makelaar, Wilhelm Erwee van Moorreesburg, moet meer as R12 miljoen aan kommissie terugbetaal.

Die makelaar Michal Calitz van Impact Finansiële Konsultante in Bellville weier om R9,06 miljoen terug te betaal nadat regter Monde Samela ’n bevel daaroor in die Wes-Kaapse hooggeregshof gemaak het.

Calitz het aansoek gedoen om verlof tot appèl teen Samela se uitspraak en daar word gewag op ’n datum waarop die appèl aangehoor kan word.

Pierre du Toit van Mostert en Bosman, regsverteenwoordiger van die kurators, het gesê die volgende stap is om teen elkeen van die makelaars op te tree sodat al die kommissiegeld terugbetaal kan word.

Pretorius deel glo wins met makelaar

12 Jul

Author: Marelize Barnard

Publications:  Die Burger

Date Publiched: 12 Julie 2013

KAAPSTAD. – Een van die mees vooraanstaande makelaars wat groot beleggers na wyle Herman Pretorius se beleggingskema gelok het, is met winsdeling daarvoor vergoed.

Dié miljoene rande wat Pretorius gebruik het om makelaars te betaal, word genoem in ’n verslag deur die gesamentlike trustees van Pretorius se Relative Arbitrage Fund en Seca Trusts nadat insolvensie-ondervragings gedoen is.

Die makelaar Michael Calitz, wat verskeie beleggers se geld by Pretorius belê het, het ’n deel van die wins ontvang wanneer hy beleggings van meer as R15 miljoen ………

Continue reading this article

Unit trust manager received R15m from Herman Pretorius

20 Jun

Author: Julius Cobbett

Publications: MoneyWeb

Date Published: 20 June 2013

Financial advisers connected to RVAF Ponzi testify in insolvency inquiry.

JOHANNESBURG – An insolvency inquiry has revealed that one-time unit trust manager Michal Calitz received more than R15m from Herman Pretorius.

Calitz was one of Pretorius’s closest friends. A rare public photo of Pretorius shows him posing with his two sons and Calitz on the golf course. Calitz and Pretorius went to the same Bible study group, which met every second Friday.

Calitz referred many investors to Herman Pretorius’s Relative Value Arbitrage Fund (RVAF), which has since been exposed as a Ponzi scheme. It has been estimated ………

Continue reading this article